The universe is made of stories, not of atoms.

The universe is made of stories, not atoms.
Muriel Ruckeyser

Thursday, February 21, 2008

Black



Every artist who mixes his own paint knows the power of black. Only a few drops of black paint has the power to transform a bright red rose into leaves of oxen blood, bring gloom into a sunny day or put an ominous look into a shiny eye.

Black absorbs all other colours into its realm, never satisfied with that which it digests. Always craving for more, unwilling to give, but always taking.
I look at my life - the balancing of colours with every stroke of breath I take each day. And I realise it is so tempting to give yourself over into the blinding light of black. Each negative thought in our lives, each and every time we block positive attitudes we add a drop of black to our pallette. With each and every drop the colours fade - until in the end we are left with a distorted darkened picture of who we are.

All around us we come in contact with people for whom everything has turned into a monochromic picture. They are easy to spot - covered in pessimism they are left hopeless, don't look forward to anything, they fail to remember the pleasures and grace that belongs to the past.

Every day we have to make a cognitive choice to cast away black and choose colour. Of course we all need black in our life's painting, but we must make a wise and responsible choice to use it to our mental advantage - not our detriment. The best way to discard black is through thankfulness for the things you have now and that which you had in the past. You don't need anything to be thankful, for those with a thankful spirit always have enough.

Secondly you need something to look forward to. It needn't cost money. The only recommendation is that it must be special to you. Place things that interest you - a hobby, time with friends, time alone, on top of your to do list. It will keep you going, refreshing your spirit.


Thirdly make time to work through your attitudes and thoughts. Digesting negative thoughts, retaining the gems of precious memories. Everyone needs time alone to find and equilibrium of colours to put on your brush.

Life is only lived by those who realise the power of their thoughts. Your thougts have the power to ruin you, but on the other hand also the power to ensure victory over any circumstance.

Therfor think before every stroke, mix the colours of your thoughts with care, always honest to yourself on what you see - for only through honesty will you be able to alter the picture.

Seek happiness - it will not seek you. You have a choice - embrace the truth and make careful choices. Use every colour, don't be shy to paint yourself the way you are.






Monday, February 18, 2008

Making a difference

I've always wanted to make a difference. Improve things, be like a fresh breeze in a damp and stuffy room. But I realized: the more I try to focuss on doing things differently, the further I am from getting there.

So, how does one start in making a difference:
  • First you need pure intentions. You can't bring positive change in the lives of others if your aim is selfgain and glory. The integrity road is steep and because so few make use of it, the maps are sometimes unavailable. But only by travelling on this road will you have an impact on others.
  • Only by knowing what needs to be changed can we start making a difference. A change might be as good as a holiday to some, but in general people are resistant to change. It's easier, less strain on our minds to keep things the way they were before. So, once you know waht you want to change, start gradually, while considering the feelings of others.
  • To make a difference we need to be time conscious. The best time to make a difference is now. One finds that some people will make a difference in the lives of others wherever they go. It is simply a lifelong attitude, a way of acting, thinking, living.
  • To make a big difference you have to start small. The starting point is far from the finish line, so be patient. Once you know what you want to change, do your planning first, discuss with others and God, set definite goals and don't be discouraged if you donn't see immediate results. Those who made a life changing difference started off with only a positive attitude, a smile and small pieces of input. Fortunately a positive attitude rubs off, it snowballs until the endresult is above all expectation.
  • Always remember that you can't make a difference unless you are prepared to change yourself in the process. We can't change things around us with rigid attitudes. We have to stay truthful and flexible.

Those who made a difference before us did it with a positive attitude, through creative thinking, while having faith in what they were doing.

It takes a lot more effort to make a difference in lives of others than to just be around and to do what is expected of you. But if all the people around us only does their duties we will live bluntly, without a vision. Our lives will be selfish and empty.

It is through the energy generated from the impact we have on others that we generate inspiration and creativity for tomorrow.

Make that change - doesn't matter how small. Your efforts will be rewarded.

Thursday, January 17, 2008

By die verkeerslig

In haastigheid ry
boksies mense verby,
onbewus vir ewig
in die oomblik
saamgemarionet.

Elkeen binne die
kosmos van
eie gedagtes
vasgegordel
Firestone voort:
Oog-op-meterkonsentrasie
om binne
spoedgrensemosie
te bly
venster ongewaardeerde
landskappe
vir altyd verby.

Maar soms
faal ons flikkerligbravade
van ander-in-agneemkonsiderasie -
breek ons los
tot toeterkonsternasie
om so teen elke prys
stamploos
van punt A na B te reis.

Met ons eindbestemming
in sig,
terwyl duisende kilometers
ons lewe
opvakuum,
glo ons dwaas
hier sal
ons rus kan vind.

Tog bly ons
altyd oppad
te bang om
teen tyd stil te staan
soek ons,
smag ons,
jaag ons
lewe verby.

Wednesday, January 16, 2008

'n Vars begin

Oral om ons sien mens die hunkering om ontslae te raak van die verlede, bande te breek en 'n nuwe begin te maak.

In die natuur verloop alles siklies - die seisoene, 12 maande in 'n jaar, elke dag begin met lig en eindig met donker. Alles 'n herhaling, maar juis in hierdie proses van repitisie is daar vir elkeen van ons 'n geleentheid.
'n Geleentheid vir oorbegin.

Die Here het geweet dat die homosapiens geneig is om verstrengel te raak in die detail van die lewe. Ons hou aan tob oor gedane sake, mallemeule heen-en-weer tussen keuses en verloor ons perspektief soos ons aandag afgetrek word deur die kleinighede van die lewe.

Vir Dawid was dit so belangrik om in die oggend, met 'n brein wat helder en onbesoedeld is, die dag saam met die Here af te skop. Voor die eise van die dag al mens se aandag in beslag neem.

So skep God elke jaar 'n geleentheid om aan te skuif. Al kan ons nie by een van ons nuwejaarsvoornemens hou nie, kan ek nie help om te wonder hoeveel erger ons omstandighede sou gewees het as daar nie 'n vars begin was elke jaar nie.

Elke seisoensverandering ontlok dieselfde vernuwingsproses. In die lente versnipper ons, ons hare, gaan op 'n dieet en pak kaste reg. Winters maak ons luier en rustiger - wat ook 'n nodigheid is.

Ons het elke begin en elke einde nodig. Ons moet kan agterlos om ligvoets aan te gaan, maar tog genoeg saamdra om ons deur die moeilike tye vorentoe te help. Die vars begin tye is geleenthede om perspektief te kry op watter bagasie nodig is vir die pelgrimstog vorentoe.

Wanneer ons weier om af te skakel en rustig te raak, jaag ons verby hierdie geleenthede en word ons beroof van soveel vreugde en vrede.
Oral waar ons gaan kom ons af op die wat sneuwel aan 'n gebrekkige vars begin. Mense wat onrustig slaap, in die oggend uit die bed uit jaag sonder om vir 'n paar minute stil te word, om jare aaneen te werk sonder om jouself 'n blaaskans te gee. Tot mens op 'n dag wakker word en voel alles het sinneloos geword. 'n Dag waarop geen vitamienpil, energieskommel of kitsdieet meer die probleme wil oplos nie.

Daar is so baie maniere om elke dag 'n mini-begin te maak: begin elke oggend met 'n stukkie stilword, probeer iets nuuts vir aandete, koop 'n nuwe CD, bly bietjie langer in die bad, gaan hou op 'n nuwe plek vakansie, verf jou huis, dra 'n kleur wat jy nog nooit voorheen gedra het nie, kry 'n nuwe stokperdjie.

'n Vars begin impliseer ook om te begin tyd maak vir mense om jou en die belangrikste hiervan is vergifnis. Jesus is die baanbreker op die vars-begin-beginsel. Sy hele lewensdoel was om ons te ruk uit 'n lewe van hopeloosheid en deur sy geskenk op Golgota vir ons die geleentheid te gee om oor te begin.
Sy vergifnis was groot genoeg vir die heelal en Hy roep ons om ook die mense rondom ons te vergewe.
Vergifnis is 'n vars begin, nie net vir die een wat dit ontvang nie, maar veel eerder vir die een wat dit uitdeel. Dit gee ware bevryding. Sonder vergifnis vergiftig ons onsself dag vir dag met die verlede totdat ons later almal wat naby ons probeer kom wegdryf.

Die gevolge van 'n vars begin is soos om 'n appel te pluk en te eet. Die varsste appel is die een wat nou net gepluk is. Om 'n vars begin te pluk moet ons die geleenthede wat op ons pad kom raaksien en die wat ryp is op die regte tyd pluk. Om iets te pluk is om dit jou eie te maak. So moet elke vars begin, elke ritueel deel word van ons menswees en lewensuitkyk.

Daar is baie maniere waarop 'n mens 'n appel kan eet. Party hap hom, ander skil hom in skywe en eet met die hand, of gooi dit in 'n vrugteslaai. My ouma bak appeltert, ander versap dit. Dit maak nie saak nie, vir elkeen sal 'n vars begin iets anders beteken en ander waarde inhou.

Die essensie bly dieselfde - ons moet die geleentheid raaksien, benut en dit boonop geniet.

Monday, December 31, 2007

'n Nuwejaarswens

Vir my verjaarsdag het 'n vriendin my bederf met 'n plantjie. Nie sommer enige plantjie nie, maar wel 'n Venus Fly Trap. As sy maar geweet het dat selfs kaktusse onder my hande sneuwel sou sy dalk 'n ander geskenkie gekies het, maar nietemin ek was bereid om my bes te probeer om die gedoente aan die lewe te hou.

Ek het die petite plantjie so gekyk en maar my bedenkinge in bedwang probeer hou. Die donsveerblaartjies was skaars groot genoeg om 'n muggie te kon vang. Ek het die plant 'n week gegee.

Ewe bedees vra ek toe maar die tipiese vra wat 'n onkundige plantversorger sal vra. Hoeveel water het hy nodig, waar moet ek hom in die huis sit?
Nee, hy moet net voortdurend in gedistilleerde water (nogal) staan, in 'n plek met goeie ventilasie (wat dit nou ookal beteken).

Ek sit hom toe maar in 'n piering in die kombuis en gooi water daarin - hoop maar die ongedistilleerd maak nie so groot verskil nie.
Die eerste week het hy onveranderd daarna uitgesien, maar hier by die tweede week het die blaartjies een vir een begin hang.

Ek het nie daaraan getwyfel dat hy genoeg water kry nie, daarvoor het ek gesorg. So al waaraan ek kon dink om te verander was sy posisie.
Redelik skepties het ek toe die badkamer se vensterbank 'n kans gegee. Ek het die venster op 'n skrefie oopgelaat vir 'n ekstra luggie en hom dopgehou.

Dit was skaars 'n paar dae later of ek kon reeds die verskil agterkom.
Dit was asof hy 'n tweede asem gekry het. Nuwe blaartjies het uit die niet verskyn. En met sy lyfie wat op die maat van die oggendbriesie beweeg lyk hy skoon gelukkig.

Niks het verander nie, behalwe die ligging. So dikwels is ons vasgevang in frustrerende omstandighede. Verlep strompel ons deur elke dag. Ons probeer hard om beter te voel. 'n Nuwe dieet, meer oefening, spandeer meer geld op onsself en ons familie, maar als te vergeefs.

Stop. Kyk vir 'n rukkie na jou ligging. Soms is alles wat ons doen en probeer wees goed en reg. Maar dit is nie die probleem nie. Ons is dalk net nie reg geposisioneer nie.
Ons moet onsself in die regte plek en omstandighede bevind om tot ons maksimale potensiaal te groei. Soms moet mens wegstap, oor begin, jouself op 'n ander plek gaan wees. Net omdat dit jou groeimedium is.

Dit is my wens vir jou in 2008. Dat jy sal uitvind waar jou groeiparadys is en sonder om te twyfel daarheen sal skuif.

Wednesday, December 12, 2007

Jou kersgeskenk

Die inwoners van Carltonville word stomgeslaan deur 'n wegholvragmotorongeluk wat 4 lewens eis. 'n Mens se instinktiewe reaksie is om verwyte na die ongedeerde vragmotorbestuurder te slinger. Maar nooit is daar enigsens negatief oor hom berig nie. Inteendeel, van Abel Boitsane, wat indirek vir die dood van vier mense verantwoordelik gehou kan word, word daar net met lof getuig.

Van die staanspoor af het sy werkgewer vertel hoe hy hulle beste bestuurder nog was. Elke week is sy vragmotor se binnekant met Mr. Min gepoets. Op die doodstoneel blyk dit dat sy remme onklaar geraak het. Vele ooggetuies het bevestig dat hy alle pogings aangewend het om die ongeluk te vermy. Sy noodligte was aan, hy het getoeter, met handtekens 'n boodskap probeer oordra... Later simpatiseer hy met die familie.

My premature wrewel het oombliklik in empatie verander. Want hierdie man het sy bes binne die bestaande omstandighede probeer, om 'n ongeluk te vermy.

Elke dag skilder jou dade, jou lewenshouding 'n prentjie vir almal met wie jy in aanraking kom. 'n Prentjie waaraan jy gemeet word. Waarvolgens jy daagliks, bewustelik of onbewustelik beoordeel word. Hierdie beeld wat jy van jouself aan ander voorhou is uiteindelik dit waarop mense sal terugval wanneer daar rekenskap oor jou gegee moet word.
Twee verskillende mense kan dieselfde daad pleeg, maar op morele vlak kan die een vrygespreek word en die ander nie. Hoekom?
Eenvoudig omdat jou verlede, saam met die hede aan jou toekoms bly skryf.
Dit wat jy in die verlede gedoen het, programmeer mense om deur die bril van veroordeling of vryspraak na jou te kyk.

So is ons mense maar - ons soek voortdurend, onbewustelik maatstawwe om almal rondom ons te kategoriseer.
Juis dit het Jesus kom doen - ons van aardse maatstawwe kom bevry. Met sy geboorte en sterwe het hy vir ons almal, ongeag van ons verlede dieselfde kans kom gee.

Ons almal bestuur elke dag die wegholvragmotor van sonde, ons maak dood - met ons woorde, ons gedagtes, ons dade..
Jesus kyk nie na ons verlede om 'n oordeel te vel nie. Dan was ons almal verdoem. Nee Hy kyk na ons deur sy bloed. Maak nie saak wie ek was nie, Hy sien wie ek kan wees deur die krag van Sy genade. Hy spreek my vry ongeag.

Dit is wat Kersfees beteken.

Friday, December 7, 2007

Voetstappe


"U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad."

Psalm 119:105


'n Voetstap is soos 'n vingerafdruk - elke persoon s'n is uniek.

Dit vertel iets van die aankomeling se skoensmaak: 'n jongdame wat haarself op spykerhakkies balanseer of 'n laatnagwandelaar wat sloesh-sloesh gang af skuifel in sy pantoffels.


Dit vertel van gemoedstoestande - kort haastige stappies of 'n sleepvoetgemoed, 'n opgewonde getrippel of swaar tree vol selfversekerdheid.

Net deur na voetstappe te luister weet mens klaar meer van iemand as wat hy soms self aan jou sal wil erken. Dit is 'n onbewustelike kommunikasiemiddel, 'n manier om boodskappe oor te dra. Hoeveel van ons het nie al uit frustrasie voete gestamp daar waar woorde kortkom om jou gevoelens te beskryf nie.


Voetstappe vertel waarheen ons oppad is, maar ook waar ons vandaan kom. Party probeer hulle voetstappe wegsteek, miskien om iemand te verras, of om met iets ongesiens te kan wegkom. As jou voetstappe gehoor word waar hulle nie hoort nie, kan dit jou lelik in die pekel laat beland.


Soms word voetstappe vergesel van bykomstige klanke, 'n stootkarretjie se gekriek vertel van bykomende geselskap, 'n kruk se klak-klak verklap pyn en besering.


Daar is onverwagte voetstappe wat jou betrap, voetstappe van vreugde - soos die eerste treetjies van 'n kind, maar daar is ook die wat ons mis - voetstappe van geliefdes uit die verlede wat nooit weet gehoor sal word nie.


As ek so na my voete kyk: die eelte van lank staan om die groottone, my plat voetbrug - dinge waaraan ek niks kan vernader nie, dan besef ek: my voetstappe in die sand sal altyd dieselfde lyk. My voete gaan nooit smaller of langer word nie. Ek sal my skoene altyd op dieselfde manier bly afloop. So is ek nou maar eenmaal geneties geprogrammeer.


Maar my voetstappe val in 'n ander kategorie. Hoe ek hulle laat weerklink is 'n wilsbesluit.


  • Ek kan kies watter skoene ek wil dra: of ek gemaklik deur die lewe wil gaan, of met 'n paar trappers wat 'n paar nommers te klein is

  • Ek kan kies met watter gemoedstemming ek my voetstappe wil aantrek. Wil ek myself laat hoor wanneer ek 'n vertrek binnekom, of ongehoor uit 'n vertrek verdwyn.

  • Ek kan kies in watter rigting ek my voetstappe wil stuur en hoe lank ek daar wil bly.

Wat 'n voorreg, maar ook verantwoordelikheid. Begin sommer vroegtydig elke oggend, terwyl jy jou skoene aantrek, vir jou voete bid.


Mag ons besef hoe groot voorreg dit is om die voete van Jesus hier op aarde te wees. Mag hulle boodskappers van vreugde en vrede word. Dat ek daar waar ek my voetstappe laat hoor, die lig van God saam met my die donkerte indra.