The universe is made of stories, not of atoms.

The universe is made of stories, not atoms.
Muriel Ruckeyser

Tuesday, March 18, 2008

Kruise


Vanaf ons vorige huis se stoep kyk mens uit oor Nelspruit. In die dag is dit die berge, die bos en huise wat soos muntstukkies in 'n doekpoeding versteek lê tussen al die bome. Maar in die nag verdwyn als om plek te maak vir 'n enkele verligte kruis wat op 'n berg teen die horison verskyn In die dag sou mens nie eers kon raai dat daar 'n kruis op die berg geplant is nie.


In die kar, tussen êrens en nêrens ry ons verby 'n kruis wat in wit klip teen 'n randjie uitgepak is om elke uitgeputte reisiger aan die dinge met ewigheidswaarde te herinner. Later die aand toe ons weer die pad in die donker aandurf sou niemand kon raai dat daar 'n kruis teen die berg uitgepak is nie.

Nou in hierdie week in aanloop tot Paasfees, kan ek nie anders as om al die kruisstasies op my lewenspad in oënskou te neem nie.


Kruise is bakens, rigtingwysers om ons voortdurend attent te maak op die werklke rede vir ons bestaan op aarde. In stilte dra hierdie simbool sy boodskap uit. Die punt waar twee rigtings horisontaal en vertikaal bymekaarkom is die hart se swaartepunt. Die kontrapunt van ons keuses. Ons het kruise nodig. Kruise wat bedags, wanneer alles duidelik voor ons lê dien as stille versekering dat ons pad beveilig word, dat ons kruistog nie om eie gewin is nie maar volgens God se beplanning vir ons lewe.


Maar ons het ook kruise nodig want net in die nag sigbaar is. Bedags wanneeer alles voor die wind gaan is hulle onsigbaar, maar wanneer die skemer van onsekerheid en beproewing sy kombers oor ons visie en perspektief gooi is dit hierdie verligde bakens wat ons weer terug lei op die beproefde pad. Hierdie kruise is net sigbaar vir die oog van die wat hulle oë in geloof kan opslaan na die berge en in hoop en liefde vertrou op God se lig van bystand en leiding. 'n Stad op 'n berg kan nie weggesteek word nie. So word die kruise wat ons plant op die berge van ons onwrikbare oortuigings en morele waardes bakens wat sigbaar word in tye van nood.


Maak vir jou kruise bymekaar in tye van voorspoed. Oordink jou waardes, jou motiverings en plant hierdie oortuigings op plekke waar hulle sigbaar sal wees in die tye wanneer dit nie so goed gaan nie.


Ons moet kruise uitstal, uitdeel, plant en verlig sodat ander God in kruiservarings kan leerken.

Monday, March 3, 2008

Reën

Een agtermiddag begin die weer onverwags dreun. Verbaas hardloop ek die voortuin in - geen wolk in sig nie. Maar by die agterdeur pak die wolke saam, so asof uit die niet. Ek skarrel binne toe, trek vinning al die kragproppe uit die muur (ek het nog altyd 'n heilige vrees gehad vir die gevolge van 'n krag-weerligkombinasie). In die proses vergeet ek skoon van die amper droë wasgoed wat op die draad agterbly. Prioriteite, prioriteite...

Ook nie lank daarna nie, of dit sous behoorlik. Die geur van vars grond stroom die huis binne, vergesel deur 'n afkoelbriesie.
Dit is wat ek 'n welkome lafenis noem, so op 'n drukkende somersdag. Onwillkeurig kom daar 'n ligtheid in jou gemoed, 'n nietige dankbaarheid. Die reën val waar hy wil, soms onverwags, ander kere na wolkbeloftes wat vir dae in die lug gehang het.
Soms val die water vir dae aaneen, ander kere lek-lek hy aan die grond net om weer aan te beweeg.

Hoe dit ookal sy - reën bring lafenis, verligting. Ons kan nie sonder reën oorleef nie. Ons bid daarvoor, smeek dit af - en wanneer dit kom meet ons dit om seker te maak dit was genoeg, vang dit op in enige beskikbare houer van skotteltjies tot massiewe tenks. Want reën bly kosbaar en wie weet wanneer dit weer hierlangs gaan kom.

So is vriendskap ook. Op die dorre aarde van eensaamheid, bring vriendskap hoop. Ons het dit nodig vir oorlewing. Ware vriendskap verkwik, onwillekeurig begin die gees ontkiem en groei. Ons hele wese word deur opregte vriendskap deurweek, om ons versterk en verfris te laat. Ons almal is instaat om 'n ware vriend te wees. Ons moet nood raaksien en daar waar die droogte lewensvreugde steel behoort ons, al is dit onverwags lewe te laat reën.

Laat dit juis reën daar waar ander reënvriendskappe lanklaas 'n draai gemaak het. Moenie suinig wees om dit uit te deel nie. Jy mag maar, die reën is verniet.

Thursday, February 21, 2008

Black



Every artist who mixes his own paint knows the power of black. Only a few drops of black paint has the power to transform a bright red rose into leaves of oxen blood, bring gloom into a sunny day or put an ominous look into a shiny eye.

Black absorbs all other colours into its realm, never satisfied with that which it digests. Always craving for more, unwilling to give, but always taking.
I look at my life - the balancing of colours with every stroke of breath I take each day. And I realise it is so tempting to give yourself over into the blinding light of black. Each negative thought in our lives, each and every time we block positive attitudes we add a drop of black to our pallette. With each and every drop the colours fade - until in the end we are left with a distorted darkened picture of who we are.

All around us we come in contact with people for whom everything has turned into a monochromic picture. They are easy to spot - covered in pessimism they are left hopeless, don't look forward to anything, they fail to remember the pleasures and grace that belongs to the past.

Every day we have to make a cognitive choice to cast away black and choose colour. Of course we all need black in our life's painting, but we must make a wise and responsible choice to use it to our mental advantage - not our detriment. The best way to discard black is through thankfulness for the things you have now and that which you had in the past. You don't need anything to be thankful, for those with a thankful spirit always have enough.

Secondly you need something to look forward to. It needn't cost money. The only recommendation is that it must be special to you. Place things that interest you - a hobby, time with friends, time alone, on top of your to do list. It will keep you going, refreshing your spirit.


Thirdly make time to work through your attitudes and thoughts. Digesting negative thoughts, retaining the gems of precious memories. Everyone needs time alone to find and equilibrium of colours to put on your brush.

Life is only lived by those who realise the power of their thoughts. Your thougts have the power to ruin you, but on the other hand also the power to ensure victory over any circumstance.

Therfor think before every stroke, mix the colours of your thoughts with care, always honest to yourself on what you see - for only through honesty will you be able to alter the picture.

Seek happiness - it will not seek you. You have a choice - embrace the truth and make careful choices. Use every colour, don't be shy to paint yourself the way you are.






Monday, February 18, 2008

Making a difference

I've always wanted to make a difference. Improve things, be like a fresh breeze in a damp and stuffy room. But I realized: the more I try to focuss on doing things differently, the further I am from getting there.

So, how does one start in making a difference:
  • First you need pure intentions. You can't bring positive change in the lives of others if your aim is selfgain and glory. The integrity road is steep and because so few make use of it, the maps are sometimes unavailable. But only by travelling on this road will you have an impact on others.
  • Only by knowing what needs to be changed can we start making a difference. A change might be as good as a holiday to some, but in general people are resistant to change. It's easier, less strain on our minds to keep things the way they were before. So, once you know waht you want to change, start gradually, while considering the feelings of others.
  • To make a difference we need to be time conscious. The best time to make a difference is now. One finds that some people will make a difference in the lives of others wherever they go. It is simply a lifelong attitude, a way of acting, thinking, living.
  • To make a big difference you have to start small. The starting point is far from the finish line, so be patient. Once you know what you want to change, do your planning first, discuss with others and God, set definite goals and don't be discouraged if you donn't see immediate results. Those who made a life changing difference started off with only a positive attitude, a smile and small pieces of input. Fortunately a positive attitude rubs off, it snowballs until the endresult is above all expectation.
  • Always remember that you can't make a difference unless you are prepared to change yourself in the process. We can't change things around us with rigid attitudes. We have to stay truthful and flexible.

Those who made a difference before us did it with a positive attitude, through creative thinking, while having faith in what they were doing.

It takes a lot more effort to make a difference in lives of others than to just be around and to do what is expected of you. But if all the people around us only does their duties we will live bluntly, without a vision. Our lives will be selfish and empty.

It is through the energy generated from the impact we have on others that we generate inspiration and creativity for tomorrow.

Make that change - doesn't matter how small. Your efforts will be rewarded.

Thursday, January 17, 2008

By die verkeerslig

In haastigheid ry
boksies mense verby,
onbewus vir ewig
in die oomblik
saamgemarionet.

Elkeen binne die
kosmos van
eie gedagtes
vasgegordel
Firestone voort:
Oog-op-meterkonsentrasie
om binne
spoedgrensemosie
te bly
venster ongewaardeerde
landskappe
vir altyd verby.

Maar soms
faal ons flikkerligbravade
van ander-in-agneemkonsiderasie -
breek ons los
tot toeterkonsternasie
om so teen elke prys
stamploos
van punt A na B te reis.

Met ons eindbestemming
in sig,
terwyl duisende kilometers
ons lewe
opvakuum,
glo ons dwaas
hier sal
ons rus kan vind.

Tog bly ons
altyd oppad
te bang om
teen tyd stil te staan
soek ons,
smag ons,
jaag ons
lewe verby.

Wednesday, January 16, 2008

'n Vars begin

Oral om ons sien mens die hunkering om ontslae te raak van die verlede, bande te breek en 'n nuwe begin te maak.

In die natuur verloop alles siklies - die seisoene, 12 maande in 'n jaar, elke dag begin met lig en eindig met donker. Alles 'n herhaling, maar juis in hierdie proses van repitisie is daar vir elkeen van ons 'n geleentheid.
'n Geleentheid vir oorbegin.

Die Here het geweet dat die homosapiens geneig is om verstrengel te raak in die detail van die lewe. Ons hou aan tob oor gedane sake, mallemeule heen-en-weer tussen keuses en verloor ons perspektief soos ons aandag afgetrek word deur die kleinighede van die lewe.

Vir Dawid was dit so belangrik om in die oggend, met 'n brein wat helder en onbesoedeld is, die dag saam met die Here af te skop. Voor die eise van die dag al mens se aandag in beslag neem.

So skep God elke jaar 'n geleentheid om aan te skuif. Al kan ons nie by een van ons nuwejaarsvoornemens hou nie, kan ek nie help om te wonder hoeveel erger ons omstandighede sou gewees het as daar nie 'n vars begin was elke jaar nie.

Elke seisoensverandering ontlok dieselfde vernuwingsproses. In die lente versnipper ons, ons hare, gaan op 'n dieet en pak kaste reg. Winters maak ons luier en rustiger - wat ook 'n nodigheid is.

Ons het elke begin en elke einde nodig. Ons moet kan agterlos om ligvoets aan te gaan, maar tog genoeg saamdra om ons deur die moeilike tye vorentoe te help. Die vars begin tye is geleenthede om perspektief te kry op watter bagasie nodig is vir die pelgrimstog vorentoe.

Wanneer ons weier om af te skakel en rustig te raak, jaag ons verby hierdie geleenthede en word ons beroof van soveel vreugde en vrede.
Oral waar ons gaan kom ons af op die wat sneuwel aan 'n gebrekkige vars begin. Mense wat onrustig slaap, in die oggend uit die bed uit jaag sonder om vir 'n paar minute stil te word, om jare aaneen te werk sonder om jouself 'n blaaskans te gee. Tot mens op 'n dag wakker word en voel alles het sinneloos geword. 'n Dag waarop geen vitamienpil, energieskommel of kitsdieet meer die probleme wil oplos nie.

Daar is so baie maniere om elke dag 'n mini-begin te maak: begin elke oggend met 'n stukkie stilword, probeer iets nuuts vir aandete, koop 'n nuwe CD, bly bietjie langer in die bad, gaan hou op 'n nuwe plek vakansie, verf jou huis, dra 'n kleur wat jy nog nooit voorheen gedra het nie, kry 'n nuwe stokperdjie.

'n Vars begin impliseer ook om te begin tyd maak vir mense om jou en die belangrikste hiervan is vergifnis. Jesus is die baanbreker op die vars-begin-beginsel. Sy hele lewensdoel was om ons te ruk uit 'n lewe van hopeloosheid en deur sy geskenk op Golgota vir ons die geleentheid te gee om oor te begin.
Sy vergifnis was groot genoeg vir die heelal en Hy roep ons om ook die mense rondom ons te vergewe.
Vergifnis is 'n vars begin, nie net vir die een wat dit ontvang nie, maar veel eerder vir die een wat dit uitdeel. Dit gee ware bevryding. Sonder vergifnis vergiftig ons onsself dag vir dag met die verlede totdat ons later almal wat naby ons probeer kom wegdryf.

Die gevolge van 'n vars begin is soos om 'n appel te pluk en te eet. Die varsste appel is die een wat nou net gepluk is. Om 'n vars begin te pluk moet ons die geleenthede wat op ons pad kom raaksien en die wat ryp is op die regte tyd pluk. Om iets te pluk is om dit jou eie te maak. So moet elke vars begin, elke ritueel deel word van ons menswees en lewensuitkyk.

Daar is baie maniere waarop 'n mens 'n appel kan eet. Party hap hom, ander skil hom in skywe en eet met die hand, of gooi dit in 'n vrugteslaai. My ouma bak appeltert, ander versap dit. Dit maak nie saak nie, vir elkeen sal 'n vars begin iets anders beteken en ander waarde inhou.

Die essensie bly dieselfde - ons moet die geleentheid raaksien, benut en dit boonop geniet.

Monday, December 31, 2007

'n Nuwejaarswens

Vir my verjaarsdag het 'n vriendin my bederf met 'n plantjie. Nie sommer enige plantjie nie, maar wel 'n Venus Fly Trap. As sy maar geweet het dat selfs kaktusse onder my hande sneuwel sou sy dalk 'n ander geskenkie gekies het, maar nietemin ek was bereid om my bes te probeer om die gedoente aan die lewe te hou.

Ek het die petite plantjie so gekyk en maar my bedenkinge in bedwang probeer hou. Die donsveerblaartjies was skaars groot genoeg om 'n muggie te kon vang. Ek het die plant 'n week gegee.

Ewe bedees vra ek toe maar die tipiese vra wat 'n onkundige plantversorger sal vra. Hoeveel water het hy nodig, waar moet ek hom in die huis sit?
Nee, hy moet net voortdurend in gedistilleerde water (nogal) staan, in 'n plek met goeie ventilasie (wat dit nou ookal beteken).

Ek sit hom toe maar in 'n piering in die kombuis en gooi water daarin - hoop maar die ongedistilleerd maak nie so groot verskil nie.
Die eerste week het hy onveranderd daarna uitgesien, maar hier by die tweede week het die blaartjies een vir een begin hang.

Ek het nie daaraan getwyfel dat hy genoeg water kry nie, daarvoor het ek gesorg. So al waaraan ek kon dink om te verander was sy posisie.
Redelik skepties het ek toe die badkamer se vensterbank 'n kans gegee. Ek het die venster op 'n skrefie oopgelaat vir 'n ekstra luggie en hom dopgehou.

Dit was skaars 'n paar dae later of ek kon reeds die verskil agterkom.
Dit was asof hy 'n tweede asem gekry het. Nuwe blaartjies het uit die niet verskyn. En met sy lyfie wat op die maat van die oggendbriesie beweeg lyk hy skoon gelukkig.

Niks het verander nie, behalwe die ligging. So dikwels is ons vasgevang in frustrerende omstandighede. Verlep strompel ons deur elke dag. Ons probeer hard om beter te voel. 'n Nuwe dieet, meer oefening, spandeer meer geld op onsself en ons familie, maar als te vergeefs.

Stop. Kyk vir 'n rukkie na jou ligging. Soms is alles wat ons doen en probeer wees goed en reg. Maar dit is nie die probleem nie. Ons is dalk net nie reg geposisioneer nie.
Ons moet onsself in die regte plek en omstandighede bevind om tot ons maksimale potensiaal te groei. Soms moet mens wegstap, oor begin, jouself op 'n ander plek gaan wees. Net omdat dit jou groeimedium is.

Dit is my wens vir jou in 2008. Dat jy sal uitvind waar jou groeiparadys is en sonder om te twyfel daarheen sal skuif.