The universe is made of stories, not of atoms.

The universe is made of stories, not atoms.
Muriel Ruckeyser

Sunday, November 14, 2010

Luister

Clint Eastwood is een van my rolmodelle. 'n Man wat in die tagtigs is en nogsteeds sy lewe vul met die dinge waaroor hy passievol is. Nie net is hy 'n uitstekende akteur nie en regiseur nie, maar selfs die musiek vir sy flieks komponeer hyself (hy sing ook van die liedjies self, maar ek beskou sy akteursvernuf beslis as 'n groter aanwins vir die vermaaklikheidsbedryf).

Jy kan maar weet: enige fliek van hom gaan vir 'n hele tyd lank in jou gedagtes bly draai. Nou onlangs het daar 'n luilekker DVD aand vir my gewag. Ek het Changeling met Angelina Jolie in die hoofrol uitgeneem. Ek wonder altyd hoe hulle haar klere ontwerp kry om al die tattoos weggesteek te kry, maar nietemin bly sy 'n goeie aktrise.

Die fliek is gegrond op 'n ware verhaal oor Mev. Collins en die gebeure rondom haar seun se verdwyning. Sy is 'n enkelouer, en een dag met haar terugkeer van die werk af is haar seun weg. Die tema van die hele fliek is die effek wat mense, wat nie na ander luister nie, op 'n persoon se lewe kan het. Dit begin reeds vroeg in die fliek wanneer sy haar seun as vermis wil aanmeld en niemand na haar wil luister nie. Sy moet 24 uur wag, al weet sy haar kind is bang om selfs die huis alleen te verlaat, maar dit is hoe die sisteem werk en haar hande is afgekap.

Sake raak net nog meer belaglik wanneer hulle "haar seun" terugvind. Ten spyte daarvan dat sy aanmekaar bevestig dat dit nie haar seun is nie, luister niemand nie. Sy gooi selfs bewyse voor hulle, soos dat die teruggevinde seun korter is, nie sy onderwyser ken nie, maar alles tevergeefs. Die polisie verkies om nie te luister nie, want sou hulle erken sy is reg, het hulle gefaal.
Die oomblik toe sy die media te betrek, het die risiko bestaan dat ander na haar sou begin luister. Hulle oplossing was om haar te laat sertifiseer en na 'n  psigiatriese hospitaal te verban.

Maar hoekom luister mense nie? Daar is so baie redes.
Jy sal altyd vind dat mense weier om te luister na iemand wat die waarheid praat wanneer hulle in 'n leuen leef . Want soos in Changeling, is daar altyd 'n prys daaraan verbonde om te erken dat jy gelieg het en na die waarheid te draai.

Dikwels luister ons nie, omdat onsself so baie praat. Luister is 'n daad. Dit verg energie. Anders as wat mens dink is dit nie 'n passiewe toestand nie. Om te luister beteken dat mens moet rustig raak, die stem binne jou moet stilmaak en moeite moet doen om nie net die woorde van die persoon wat praat in te neem nie, maar werklik te probeer verstaan wat die ander persoon met elke woord bedoel.

Ons sal net begin luister wanneer ons ander mense respekteer, wanneer ons ander voor onsself kan plaas. Solank as wat ons glo dat die persoon wat praat nie belangrik is nie sal ek nie moeite doen om daardie persoon te verstaan nie, want wanneer ek iemand probeer verstaan is daar dikwels aksies wat daaruit vloei. As ek verstaan wat iemand ongelukkig maak, dan moet ek ook bereid wees om dit wat ek kan te doen om daardie persoon by te staan.

Nog 'n rede hoekom mense hoor, maar eerder nie luister nie is uit vrees. Vrees vir 'n waarheid waarmee hulle gekonfronteer sal word en 'n lewensverandering sal verg. Ons is so dikwels in 'n gemaksone met onsself, maar ook met die plek waar ons onsself bevind. So dikwels is dit die mense naby aan ons wat die moed bymekaar sal skraap om daardie gemaksones vir ons uit te wys. En so dikwels is dit juis daardie mense wat ons in die gesig vat deur ons ore voor te sluit.

Om opregte luisteraars te wees beteken dat ons biddend en luisterend by die Vader moet begin leer wat dit beteken om waarlik te luister.
Die Heilige Gees sal ons ore sensitief maak vir die ware betekenis van die woorde van elke persoon wat ons mee in kontak kom.
Vra Hom daarvoor, Hy sal luister.

Sunday, November 7, 2010

Wit Hoender

Die mens wil altyd weet hoekom. Hoekom is ek hier? Hoekom gebeur dit met my? Hoekom werk dit of werk dit nie? Hoekom voel ek soos ek voel? Hoekom wil niks sin maak nie?

Partymaal word die hoekoms beantwoord. Maar so dikwels bly die antwoorde weg. Ons hou later op met soek, onder die indruk dat ons nooit volkome sal verstaan nie.

Daar is hoekoms wat tot ons met die ewigheid ontmoet grootliks waaroms sal bly, maar soveel vrae het antwoorde. Met 'n vakansie in Graskop het ons opgemerk dat die smouse langs die paaie meteens beghin het om wit hout hoenders te produseer. Die tarentale en seekoeie moes helaas swig voor 'n mak plaasdie. Ons was verbaas hieroor.

Sekerlik moes die vroeƫre weergawes tog beter verkoop het, veral onder die oorsese safari-gangers.

Lank het ons gespekuleer rondom die redes vir die verandering. Uiteindelik het ons een vban die smouse gevra: "Why are you making the white chickens?"

Die antwoord: "Because the white people buy them."

Geen diep artistiese verklaring wat woorde soos inspirasie en kreatiwiteit insluit nie.
Dit het my geleer - meeste antwoorde is eenvoudig. Ons moet soms ophou glo dat die lewe te moeilik is om te verstaan. Soveel maal is dit net ons eie interpretasies wat die lewe kompliseer. Die lewe moet geleef word, om verstaan te word.

Miskien moet ons dalk eerder ons vrae herfraseer. Want die antwoorde wat ons uit die lewe haal, word bepaal deur die vrae wat ons vra. Ons sal nooit by die waarheid uitkom as ons nie die vrae vra wat ons by die waarheid gaan uitbring nie.

Miskien moet ons eerder vir die wit mense vra hoekom hulle die wit hoenders wil koop.

Wednesday, November 3, 2010

The Reality


Living in South Africa means to be faced with many unpleasant realities. We read about murder, robberies, rape everyday and so often either a loved one or even ourselves are left traumatised by one of these events.

What should we make of all this? How do we put it all in perspective?

I have experienced so many different emotions in reaction to what I see around me. It is almost as if I have seasons of different negative emotions alternating themselves. There is anger. Anger towards what happens to all the innocent victims of crime and poverty. Anger, because I don't feel safe in my own home, anger because I can't walk in the street feeling safe.

Then there is sorrow. Sorrow for the lives lost. Sorrow for opportunities lost to corruption and unfair doing.

Sometimes there is bitterness. So often it is the bitterness that roots itself into our lives especially after our own personal taste of all these unpleasant realities. It tends to infiltrate all our thoughts and actions.

The emotion I certainly most fear, is fear itself. It is out of fear that so many of us want to leave this country. It is our of fear that we can't see the good in other people anymore.

All of these are valid emotions, almost natural reactions to these unnatural realities we face. But I don't want to live with the baggage of these emotions in my life. I don't want anger, sorrow, bitterness and fear to drain the energy I could have used constructively everyday.

So how can we fight this? While struggling with all of this I was listening to pod casts by David Pawson. This wise man's words stuck with me. He just said: God won't let the devil do anything to me (His child) that has not gone through His authority first. Therefore He will not put anything in front of you that He knows you cannot handle without Him.

The secret is - you can face anything as long as you abide in Him. God does not withhold sorrow or pain, but He will never let you go through anything that can spiritually destroy you.

I would rather face danger but have God's peace in me than living in safety but with fear ruling over me. The reality is: nobody can touch us without going through Jesus. That is true safety.