- Sonder om terug te hunker na die verlede. Die verlede bou ons huidige ervarings. Dis is 'n grondslag vir besluite wat ons in die hede neem, maar die oomblik wat ons daar bly leef word ons 'n langspeelplaat wat vasgehak, nutteloos op die draaitafel roteer. Ons bly oor en oor dieselfde deuntjies speel. Ons timmer aan ou gedagtes terwyl die huisie reeds lankal gesloop moes word. Die gehiem is om die herinneringssand deur te sif en een vir een die diamante van onthou eenkant te sit. Om hulle te laat monteer en, terwyl jy die hede vier en geniet hulle om jou hals te dra. 'n Verlede wat stof opgaar en net uitehaal word om in tye van heimwee na te kyk is 'n vermorsing van herinneringsgeleenthede.
- Dit is 'n kuns om in die hede te leef. Sonder om vooruit te spring, aanhoudend die toekoms in. Die hede is die toekoms waaroor jy so gedroom het. Jy sal nooit die toekoms kan in nie. 99% van die dinge wat gebeur met ons is onbeplan. Die gehiem is om verantwoordelik te leef. Elke dag aan jou drome te bou stukkie vir stukkie. Sonder om bewustelik daaraan te dink dat jy besig is met die toekoms - want dan sorg die toekoms klaar vir homself.
Ek wil nie meer op 'n ander plek wees as hier nie. Die omgewing moet met my kan begin praat en iets van homself aan my gee.
Ek wil meer luister, meer dink, meer lug, meer proe, meer kaalvoet loop, meer laat gaan...
Ek wil besig wees met die oomblik, my volle aandag gee aan wat nou gebeur, want dan kan alles ontvou en ke kan aanbeweeg sonder hunkering. Hundering na wat was, maar ook na dit wat nog moet kom.
No comments:
Post a Comment