The universe is made of stories, not of atoms.

The universe is made of stories, not atoms.
Muriel Ruckeyser

Sunday, March 3, 2013

The impact of our choices

I am looking back over a year of being a mom. It has not always been easy. There has been times when your endurance and patience were tested to its limits. Being a mom is all about not only giving, but also giving up. You are faced with challenges every day. It takes careful planning to keep the wheels of a household oily and running smoothly.


But the impact of becoming a mom reaches far beyond the hard work, the planning and the sacrifices. The decision to have a child was a carefully thought through and calculated decision. We chose to have him, not the other way around.

The decision was a single step, but that single choice have had impact in so many areas of our lives. The things we do today, the plans we make all would have been so different were Andreas not part of our lives.

I said to my husband the other day – I have not given any other human being so many hugs and kisses than this little boy and that in the span of only one year. Children have the miraculous ability to touch people’s lives through simple acts. They don’t have hidden agendas, they do not pretend. To them all people are equally important.

And that to me has been the main impact of our choice to have a little one, you have the privilege to become the recipient of all that little one has to give. I am relieved to say as the days go by it becomes gradually more than only dirty nappies and desperate cries. They give laughter, joy, their innocent honesty.



After a year of being a mother I am enriched. This little one has given us so much, so much more than we could have ever hoped for. He has learned me so much about myself, and the person I want to be for him. I won’t exchange the mommy title for anything in the world.

Sunday, January 20, 2013

Herdekoreer

Hier oor Desember pak die lus mens mos gewoonlik beet om huis skoon te maak en kaste reg te pak. Dit is asof ons amper so die oujaar wil afskud en daarmee ‘n nuwe blaadjie wil omblaai.

So was dit weer hierdie jaar, maar die enigste verskil – dié jaar het my regpaklus die vorm van herdekorering aangeneem. Nee, eintlik was ek ietwat geforseer om die dekorasie en ornamentplasing in ons huis in heroorweging te bring, want ewe skielik is daar ‘n paar handjies en ogies wat enige plan beraam om uit te kom by dit wat enigsens breekbaar lyk. Glo my, ‘n baba stel glad nie belang in enige duur speeding nie, neewat die huis is veel interessanter as enige geluidmakende, tekstuurbelaaide, veelkleurige speeding wat jou ‘n arm en ‘n been gekos het. Die enigste opvoedkundige waarde van meeste van hierdie, is die les wat jy leer - dit is glad nie so interessant is as di t wat jy in jou laaikaste wegbêre nie.

Met hierdie stukkie kennis in die agtergrond kan die leser dus verstaan dat ek genoodsaak was om die huis, wat sommige sal noem, baba-vriendelik te maak. Ek noem dit die pad na moedergerustheid, want glo my daar is nie rus of vrede in die gemoed van ‘n moeder wat heeltyd agter ‘n kleinding moet aanhardloop wat nog een van haar ornamente se duursaamheid beproef nie.

My herdekorasie proses het dus een doel voor oë gehad – om alles wat kosbaar en breekbaar is ‘n veilige lengte van die grond af te kry.

Dit het herbeplanning gekos. Behalwe vir ‘n paar strooikussings a’la Mr. Price het ek eenvoudig net dit wat ons reeds besit het geherrangskik.

Die eindresultaat was verbasend. Behalwe dat dit my verseker ‘n paar maande se gemoedsrus gaan verskaf, lyk alles weer van vooraf nuut. Die leermatjie wat ek jare gelede in die Drakensberge gekoop het smelt saam met ‘n pottery bakkie met ‘n paisley patron – een van die eerste aandenkings wat ek in Johannesburg gekoop het. Ek het dit saamgegroepeer met my Carol Boyes vrugtebak, ‘n spesiale geskenk van Mario een verjaardag. My ouma se silwer kersblakers het ek uit die kas opgediep, hulle lyk nogal ewe mooi saam met die Carol Boyes. O, ja en om alles af te rond, ‘n paar reisboeke en die uurglas uit Umhlanga. Dit is asof alles vir mekaar bedoel was, soos stukkies in ‘n legkaart pas alles in mekaar. Elkeen van hierdie ornamente het ek op spesiale plekke en oomblikke in my lewe of gekoop of present gekry. Dit vorm deel van my herinneringswêreld. Op die oomblik toe ek elkeen van hierdie elemente in besit geneem het, het ek nooit gedink dat alles so bymekaar sou kon pas nie.

So is dit met die lewe ook. Daar is so baie dinge wat elke dag met ons gebeur. Soveel herinneringe wat ons in besit neem. Sommige herinneringe word kosbaar, ons stal dit uit in die skatkamers van ons gedagtes, maar so dikwels voel dit of alles onsamehangend is. Ons het maar net ‘n dowwe beeld van wie ons werklik is en waarheen ons oppad is.

Soms moet ons herdekorreer. Ons moet weer gaan stilstaan by die skatte wat ons deur die jare bymekaar gemaak het. God het ‘n plan met ons lewens. Niks gebeur verniet nie. Wanneer ons, ons lewens in Sy hande plaas kan ons verseker weet: Hy sal alles uiteindelik bymekaar laat pas. Selfs al lyk dit waarmee jy nou besig is verniet, of sinneloos kan ons weet, solank as wat ons binne God se wil vir ons lewens leef sal hy uiteindelik al die stukkies bymekaar sit. Hy is elke dag besig om ons lewens te herdekoreer.

Sunday, January 13, 2013

Turning Point

Painting any picture is a process. It is almost as if one has to establish a relationship with the canvas and the picture evolving on it. As with any relationship, doing a painting implies that you will have to work through different stages.

In the beginning the relationship between you and this work of art is on the stiff and awkward side. You do not know each other very well yet. Initially, with each brush stroke, you might event feel that you are drifting further and further away from each other. During these first stages of my painting I usually feel alienated. It is as if I can just not get into it. During this time, as with any relationship, you think of quitting. Is it really worth, to invest your time and energy into something with which you cannot relate?

It is during these times that the guidance of my art teacher is invaluable. She has a fresh perspective and the changes she suggests, regardless of how small they are, steer me through the waters of desperation.

So you go on, still not very positive that the outcome will be worth looking at, but nevertheless.

And then, when you least expect it, there comes a point where the painting turns around. Suddenly, you and the picture find each other. There is a magical connection. I can never say when that exact point will be, but when I reach it, I am always thankful that I have persevered.

Standing at the beginning of a new year we are faced with new challenges, new tasks, new adventures, new hurdles… Somewhere within all of this, we have to find ourselves. We have to establish what the relationship between us and all of that which surrounds us will be. In the beginning we struggle. Most foreign challenges seem impossible to conquer. We just want to give up. It is during times like these where we need God, the teacher of life, to guide us. It just takes a prayer for Him to refresh our perspective and lead our hand to make the brush strokes which will ensure that this new picture in our lives will become a masterpiece.

It is fine to be overwhelmed, but just keep on painting. There will be a point when all of what we do will start to make sense. When we can stand back and be proud of the picture which we have created.

Sunday, January 6, 2013

'n Nuwe Jaarstafel

Aan die begin van hierdie jaar het ek besluit om ‘n fees te hou. Soos dit enige fees betaam het ‘n mens ‘n lang tafel nodig, gedek met jou beste eetservies. Daar word vir weke aan ‘n behoorlike fees beplan. Die opstel van die gastelys, beplanning van die spyskaart, aankope, voorbereiding van die kos...

Gewoonlik word hierdie beplanning en moeite gereserveer vir baie spesiale geleenthede, soos Kersfees en verjaardae. Maar hierdie jaar het ek besluit dat die koms van 2013 beslis gevier moet word.

In plaas daarvan om ‘n die jaar met ‘n lys nuwejaarsvoornemens te peper het ek besluit om eerder die gaste aan my tafel so te kies dat hulle as inspirasie vir die jaar wat voorlê sal dien.

Die eerste gas op my lysie is Passie. Ek hoop dat sy met haar vurigheid en warm persoonlikheid die geselskap sal laat knetter.

Vrede verskyn volgende op my lys. Ek weet hy sal op sy stil, sterk manier ‘n gewigtige teenwoordigheid aan die tafel wees.

Humor is ‘n aangename gas. ‘n Besige man, maar ek hoop tog dat hy sy weg sal oop sien om deel van die fees te wees.

Ek vergeet so dikwels om Wysheid na feestelike geleenthede te nooi, maar van hierdie fees sal ek haar beslis deel maak. Sy gee ‘n nuwe dimensie aan geleenthede soos die.

Aan die hoof van my tafel sit ek Deursettingsvermoë se naamkaartjie. Daar is soveel tye wanneer ‘n mens iets groot aanpak en waar hy nie deel van die geselskap is nie, raak mens meestal oorweldig.

Ek wil geen moeite ontsien om hierdie fees onvergeetlik te maak nie. Net die beste bestanddele vir elke gereg sal goed genoeg wees. Ek wil so graag hierdie gaste van my tuis laat voel, deel van my huis. Mag hulle hierdie jaar vele male kom kuier. Elke gas aan my tafel sal sy stempel op my lewe afdruk. Uiteindelik wil ek hierdie jaar leer om elke dag feestelik te lewe. Om elke dag met passie aan te pak, om in wysheid en met deursettingsvermoë elke taak en uitdaging op my pad aan te pak en uiteindelik, ongeag van die uitkoms in God se vrede te leef.
En natuurlik is dit altyd goed om meer en meer dikwels vir jouself en die lewe te kan lag..

Mag 2013 ook vir jou ‘n fees wees.

Friday, December 21, 2012

Reflection

Every now and then we need to stop and stare. Stare back at the path which leaded us up to the point where we are now. Contemplate on the road ahead – plan and pray, with the feeling of expectation filling our hearts.

The end of the year is such a time for all of us. The world around us forces us to go slower, relax and for a moment get the long needed perspective which has been evading us during the year.

2012 was a wonderful year. I have experienced more during this year than ever before in my life. Most of it is mainly because I have had the privilege to become a mother, but it is only part of it. It was also a tough year. There were goals that we could not meet, we worked hard and lost some battles, up to the point where we all felt we needed a break desperately.

There are no guarantees that 2013 will be easier. I cannot remind myself ever hearing people say – this was a wonderful year, much better than the year before that. It seems that time will always fly faster and faster, finances become less and less and we grow older and older.

But despite that I am thankful. Never during this year, both during the highlights and the downsides, have I ever felt that God was not with me through it all. He has been so generous and maybe it is because of hardship that we get even closer to Him.

After another year, where patterns in the world just repeated themselves all over again, I just want to take this with me into the New Year. Not the hope that 2013 will be better or easier, but just the peace in knowing that no matter, what God is with me all the way.

Sunday, November 18, 2012

The Washing Machine

Def: The laundry machine, washing machine, clothes washer, or washer is a machine to wash laundry, such as clothing and sheets. The term is mostly applied only to machines that use water as opposed to dry cleaning (which uses alternative cleaning fluids, and is performed by specialist businesses) or ultrasonic cleaners. (Wikipedia)

For humans to live in close proximity to each other we need to smell good, look good, be clean and presentable. In short – we need to wash ourselves and the clothes we wear regularly. Not surprisingly then, that the first patent for a machine classified under the category washing and wringing was issued in England in 1691, long before the industrial revolution or the invention of electricity. The machine did not exactly look like the washing machines we know, but still the need was there and it had to be satisfied. From there the quest for ‘the washing machine’ began.

Finally in 1904 the electric washing machine arrived. Fischer, an American citizen has incorrectly been accredited with the invention of the electric washing machine as we know it, but at least one patent for such a device was registered in America before he registered his.

Now, why on earth have I devoted a piece of literature to this for granted electrical appliance? Can we describe it as a miracle in our everyday lives? Maybe it was a 100 years ago as articles have described the washing machine as more liberating than the contraceptive pill… We have to realise, before the arrival of a machine with washing ability, the tedious action of maintaining hygiene lay in the coarse hands of the woman of the house. She usually had to offer a day or more of her week washing and wringing away…

So yes, maybe it is still a unappreciated miracle, drowned by the voices of iPads and iPhones and iPods and all other forms of nanotechnology.

But one thing I am sure of: the washing machine is not is a form of entertainment. We hide it in our pantry. It is not applauded for its aesthetic or entertainment qualities. Not until now…



Isn’t it wonderful to see how an everyday activity, like the workings of a washing machine become magical through the eyes of a child.

Andreas enjoyed every moment and we enjoyed him. There we were sitting – the three of us, in our pantry, marvelling at our own washing machine. The entertainment did not cost a cent.

There are things in life which are simply priceless, like seeing your child exploring the world.

Thank you Andreas. Through your eyes I get a new perspective on the world.

Sunday, November 4, 2012

Jelly Babe

To have a child is surely one of the most life changing event which could ever happen to you. Nothing in your life is ever the same…

In their innocence they come, take your whole life, your heart, your being and turn it all upside down. They come without reservation, the only agenda they have is to be fed, cleaned and loved, but believe me that ‘little’ agenda of theirs keeps you busy all day.

They don’t ask for anything, they just simply cry to get it. They drain your pocket, occupy your thought, and crawl into the centre of your heart.

You don’t have free time anymore and should you get it sleep sounds like the best way to spend it on. You know now that you never knew the true meaning of work, until now.



Knowing all this, who in their right mind would ever want to put themselves through all this?


On Saturday, as I was sitting watching my jelly babe all the above faded away – because despite them taking all your energy they give back so much more. With their innocent vitality they have the power to transform an ordinary day into a memorable event.

They teach us that enjoyment lies in the ordinary things.

Something we so often forget.

Wednesday, October 31, 2012

Smokkelary

Daar is soveel dinge waarmee ‘n mens kan smokkel . Meestal lok die woord die beeld uit van ‘n geheimsinnige man, donker strate, ‘n fluweellappie, die inhoud daarvan net vir die oog van die voornemende koper bedoel.

Maak nie saak waarmee daar gesmokkel word nie, hetsy blink klippies, potente opkikkertjies of perlemoenskulpies, per definisie impliseer die woord geheimsinnigheid. Smokkelaars loop nie op straathoeke met advertensieborde om hulle nekke nie. Jy moet ‘n smokkelaar opsoek, die ware wat hy aan jou wil verkwansel kom altyd teen ‘n prys, en ‘n risiko…

‘n Afrikaanse gesegde wat nogal heelwat in my gedagtes was die laaste paar weke is juis rondom die idee van smokkelary. Iemand smokkel met jou gedagtes. Dit is asof ek dit juis die aftelope tyd beleef het.

Niemand is gevrywaar teen teenspoed of moeilike tye nie. Die vraag is nie of dit gaan gebeur nie, maar eerder wanneer. Die ideaal is om in moeilike tye jou kop op te lig, die silwer randjie om die donker wolke raak te sien en voort te beur. As dit maar so maklik was. Soms, net wanneer jy voel jy is weer op jou voete, dan kom die volgende uitklophou.

Die lewe bly nou maar tot oorlopens toe vol met uitdagings.

Maar ten spyte hiervan het elkeen van ons steeds keuses, hoe beperk ookal. Die sterkste wapen wat ons sekerlik het teen teëspoed is om positief te bly. Maak nie saak hoe donker die wolke saampak nie, daar sal altyd iets positiefs wees waarop ‘n mens kan fokus.

Dit is soos Barbara Johnson, sekerlik een van my gunsteling bly -positief- skrywers so mooi beskryf. Sy vertel van ‘n nota was ‘n hond beskryf wat weggeraak het. Jy sal hom herken aan die volgende: sy af-stert , hy loop mank, blind in een oog, brandsiek om maar net ‘n paar skete op te noem, maar die belangrikste is dat hy reageer op die naam Lucky.

Dit is die toppunt van positiewe denke.

As dit maar net so maklik was. Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie. Ons veg daagliks teen die dinge wat ons nie kan sien nie. Die duiwel gebruik juis ons denke as toegangspunt om beheer oor ons lewens te kry. Hy weet dat vanuit die denke word ons lewensuitkyk, ons besluite en ons dade beheer.

Die duiwel is by uitstek ‘n beroepsmokkelaar. Hy spesialiseer daarin om elkeen van ons ‘n rat voor die oog te draai. Tydens elke moeilike tyd in ons lewens kom klop hy skelm aan die deur. Woordeloos bring hy sy fluweellappie na vore, tog te aanloklik. Jy neem dit, gee jouself oor aan die versoeking. Maar so dikwels besef ons te laat: dit wat ons geglo het ‘n diamant van verligting sou wees, is uiteindelik ‘n vloeksteen van verbittering en negatiwiteit.

Dit is wat kom van smokkelary.

Wat is dan die antwoord? Die eenvoud daarvan het my eintlik laat skaamkry. God kom nooi ons elke dag uit om ‘n lewensverandering te maak, eenvoudig deur ons denke te vernuwe. Dit kry ons reg sonder enige smokkelary. Vernuwing van denke kom deur eerlikheid, deur elke dag, elke gedagte, elke gebeurtenis wat ‘n invloed om my gedagtes kan hê voor God se voete neer te sit en dit onderdanig aan Hom te maak.

Dit is vreugde te midde van swaarkry.

Sunday, October 14, 2012

My Red Toe Nails

Spring brings with it the spirit of renewal. There is energy in the air which drives us towards new things. We have the urge to re-look the old and start on a fresh note. We throw out our old clothes, get a new hairstyle, get outside work in the garden, get in shape (with varying levels of success).

I call it spring fever.

As part of spring fever I felt my toe nails needed a little lightening up. As part of the new season I had to paint them with something else than the black and brown I have been using during the long winter months. I dug into the cupboard. To my dismay the only bright colour I could find was red. I have never been too fond of red lipstick or red nail polish, but to relieve the symptoms of my spring fever I had no other option.

I must say it help to put a piece of spring in my step, but believe me, beyond my wildest expectations it did so much more than that.

Andreas is in the process of crawling. Believe me, quite a process it is. He tries very hard, he has the will, but for every 10 minutes of trying the might advance about 2 or 3 metres in the direction he wants to go in.

We mostly feel helpless. We encourage, as you might realise from previous writings on the subject and to some extent it does help, but there are certain connections which still have to be made in the little brain of his. The wires are not all connected yet.

One afternoon I was cheering along, as usual, standing a few feet ahead of where he was intending to go. He suddenly fixated on my sandals, with the red toe nails peeping through. In that moment he got a determination in his eyes: he wanted to get to my toe nails. With that as his goal he suddenly moved, like never before.

He did not stop until he touched the result of my spring fever exercise. It was wonderful to see the utter satisfaction on his face when he finally reached his goal.

In that moment I realised the power of red!

I just wish motivation of one’s children could stay this easy. Imagine if red toe nails were what it would take to get a stubborn teenager study for his exams.

I guess I should enjoy it while it lasts…

Saturday, October 6, 2012

Die Universele Gevoel

Daar is belewenisse, gevoelens waarvoor mens nie woorde het nie. Miskien is daar nooit woordeskat onwikkel om hierdie oomblikke te beskryf nie, of dalk sal die mens ten spyte van sy mees intesiewe poging steeds sprakeloos gelaat word deur sekere gebeure.

Tydens ‘n oorsese reis kom ek dikwels die gevoel teë. Uit gebrek aan meer beskrywende woorde het ek dit my universele gevoel gedoop. Die universele gevoel is ‘n oorweldigend: dit is die besef dat ‘n mens deel is van ‘n ingewikkelde, verweefde kosmos. Die wete dat selfs ‘n onbelangrike gebeurtenis in die uithoek van een wêrelddeel’n rippeleffek kan opwek wat enige iemand aan die ander uithoek van die aarde kan beïnvloed. Die gevoel is gegrondves in die teorie dat jy enige twee mense op aarde in 8 stappe of minder met mekaar kan verbind.

Tydens my reis na Wenen het ek die universele gevoel my telkens beetgepak. Dit was waar ek asemloos voor Gustav Klimt se werke gestaan het, wetend dat dit wat hy in sy kuns uitbeeld binne my resoneer. Dit was in die Schonbrunn paleis toe die geskiedenis van Mozart, wat ek in Standerd 1 van geleer het, lewendig geword het. Hier het ek gestaan in die spieëlkamer van die paleis waar Mozart op 6 jarige ouderdom vir Keiserin Maria Teresa op die viool gespeel het.

Dit was in die oomblikke van Keiserin Sisi se lewe wat my herinner het aan die fliek van Romy Scheinder (wat die rol van Sisi vertolk het). Ek het die fliek as 5 jarige dogterjie gekyk. Na die fliek het was ek vir maande die beeldskone Sisi, wat die swaar adelike lewe op haar skouers voel druk het.



Soveel van die Weense geskiedenis het al in my lewe gefigureer. Kuns word so dikwels die wyse waarop die geskiedenis van ‘n veraf wêreld deel van my alledaagse lewe word. Dit is waarom ek elke oomblik van my kunsbelewenisse wil omarm, want daardeur het ek die geleentheid om myself in te prop by ‘n universele bron van energie.

Monday, September 24, 2012

Aanmoediging

Daar is ‘n rede hoekom woorde soos tuisveldvoordeel bestaan. Nie net ken die sportman die veld waarop hy uitdraf nie, maar die bemoediging en aanmoediging van ‘n span se eie ondersteuners laat nuwe moed deur enige persoon se are vloei.

Ons word gebore met behoefte aan erkenning. Ons meet onsself so dikwels aan die reaksies van ander mense. Wanneer alles om ons verlore lyk, al die krag uit ons gedreineer dan is daar een ding wat ons so dikwels kan deurdra, een ding wat ons kan laat voortgaan tot die verbasing van onsself en ook ander rondom ons. Die aanmoediging van iemand wat ons liefhet.

Ek het dit altyd geweet. Daar was al soveel tye wat ek self gevoel het asof ek nie kan aangaan nie en tog het. Wanneer ek terugkyk was daar altyd iemand naby, iemand met ferm liefde wat in my bly glo het.

Maar hoe vroeg al is die mens toeganklik vir die effekte van aanmoediging? Die huidige doelwit in ons huis is om ons kleine bondeltjie vreugde te help kruip. Ons gee hom genoeg “tummy-time”- heelwat meer as wat hy graag so wou, want dit is net so paar minute dan is die mannetjie die ene frustrasie. Hierdie posisie kan hom beslis nie bring waar hy wil wees nie. In plaas van vorentoe gaan dit net agteruit…

So het ek hom sit en dophou. Die ene bondel frustrasie. Die gesiggie spreek van moedeloosheid. Ek kry hom jammer, maar aan die anderkant wil ek hom so bietjie druk om voortuit te probeer kom. Soos enige lojale mamma het ek die aanmoedigingspad probeer – hande geklap, hom aangeprys. Die reaksie was verstommend. In ‘n oogwenk het die gesiggie opgehelder, geen sprake meer van die frustrasie en moedeloosheid vantevore nie.

Meer as ooit tevore wou hy net vorentoe, want as mamma in my glo kan ek dit mos doen.

Die perfekte einde vir hierdie sketsie sou seker gewees het as ek nou geskryf het dat onder aanmoediging en toejuiging van sy mamma het Andreas dit reggekry, hy kan kruip!

Maar nee, hierdie is beslis nie ‘n feeverhaal nie. My seuntjie seil nogsteeds agteruit inplaas van vorentoe, maar ek sal bly aanmoedig, want uiteindelik is dit die belangrikste: dat ons almal iemand het wie in ons glo (selfs al loop dit nie uit op sukses nie).



Sunday, September 16, 2012

Wonder vs. Weet

So twee weke gelede was ek besig om reg te maak vir ‘n besigheidsreis Kaap toe. So tussendeur die pakkery besef ek dat ek nooit die weervoorspelling geraadpleeg het om sodoende my klerekeuse te dikteer nie.

Geen probleem nie, was Mario se woorde – ons kyk sommer gou op die Blackberry se “weather app”.

Ek hoef nie vir een oomblik meer te wonder oor wat die weer gaan doen nie, die weervoorspelling en enige antwoord op die kleinste vraag waarop ‘n antwoord my nog ontduik het, is sover van my af as die palm van my hand.

Tye verander, en so saam met tye wat verander, verander sekere aspekte van die mens daarmee saam.

Ek onthou nog die tyd van ‘wonder’as kind. Daar was soveel dinge wat mens kon laat wonder. ‘n Mens het gewonder oor Kersvader – waar woon hy, wie is hy rerig? Later jare het mens begin wonder oor waar jy vandaan kom, hoe dinge werk en wie en wat jy graag wil word.

Dit was net jou pa of ‘n slim onderwyser by die skool wat dalk die antwoorde op al die wonders in jou kop gehad het. Maar ook nie altyd nie. Soos die tyd aanstap en jy al ouer geword het, het jy besef, daar sal vrae wees wat selfs die slimste onderwyser nie sal kan antwoord nie. So, dan het jy maar net aanhou wonder.

Vandag se kinders hoef nie meer te wonder nie. Hulle het nie meer ‘smart’onderwysers nodig nie, nee, almal het nou eerder ‘smartphones’ en ipads.

In plaas van om te wonder, kan elke kind nou weet. Die wat bly wonder, bly agter.

Op die oog af klink dit wonderlik. Is kennis tog nie uiteindelik mag nie?

Maar dit was tog asof die heimwee oor my toegesak het,  die oomblik toe ek besef het dat die onontbeerlike tegnologie van ons hedendaagse era my kind uiteindelik van wonder in al sy vorme sal ontneem.

Want hand-aan- hand met wonder loop verwonder. Hoe sal die wat alles weet, wat al die antwoorde op hulle vrae het, ooit hulleself onvoorwaardelik aan verwondering kan oorgee?

Sal dit nie hartseer wees wanneer die dag aanbreek wanneer niks meer ons asems wegslaan nie, wanneer ons kennis verwondering by die agterdeur uitvee.

Ek weet nie hoe ek dit sal regkry nie, maar te midde van die kennisontploffing wat tegnologie saam met dit bring, gaan ek my bes probeer om steeds aan my kind die geskenk van verwondering te gee.

Hulle hoef nie te gou te weet waar Kersvader vandaan kom nie….

Monday, September 10, 2012

Art Exhibition

For one hour a few weekends ago, I had the privilege to spend in the company of the masters. Although the conversation was multidimensional, it all took place in silence. The silence made way for spaces of interpretation. I could not talk back, my words were too few and far to inappropriate. But I tried to bow in respect, and for a moment the international artists graced the African soil, with their presence.

I have been to the Louvre, the Tate. I have walked through corridors overfilled with art. The pieces almost loosing voice as they struggle for attention among each other. Only a few pieces, like the Mona Lisa, has the advantage to own its own wall and exhibition hall.

The exhition I went to over the weekend was small. The Standard Bank Art gallery, filled with a selection of pieces, through the ages, with the human figure as common thread. There was one Picasso, a Renoir, a Francis Bacon, a few Manet’s. One hour is more than enough to get through all the pieces. Disappointing, you might think. But to the contrary, it exceeded my expectations.

To see the work of a master within a radius of 20km from your own home, under the African sun has a certain enigma attached to it. These paintings travelled thousands of miles to meet me at this point in time. And for a small window in time, I have the opportunity to bathe in these moments of beauty.

A month from now, the selection of paintings will be packed-up, crated and shipped to the next destination.

I stood infront of Renoir’s girl with a blue ribbon. I could almost touch distinguish each individual brush stroke. I was amased at his mixing of colours. Renoir had rheumatoid arthritis. He had to tie the paint brush to his hands, because he could not hold the brush and still his brush work far exceeds the skill of some of us without hand deformities.

Only coming face-to-face with such a painting, can you come to appreciate the its true value.
That is the magic of art. So much more when it has come so far to meet you.

Monday, September 3, 2012

Daardie eerste tand

Om tande te kry is nie perdekoop nie. Of so sê die wat weet – dit is nou moeders, die wat weet en die wat maak of hulle weet. Sommer van vroeg af reeds, word alle knieserigheid, maagongesteldheid, nat neusies en overklaarbare optrede aan tandekry toegeskryf.

Die tand maak vir maande daarna steeds nie sy opwagting nie, maar niemand sal ooit die verband tussen die tandekry-proses en ongesteldhede bevraagteken nie. Dit is heilige grond.

Ek moet toegee, die paar dae voor ‘n tandjie sny is beslis ‘n uitdaging. Die uitgawe op doeke skiet die hoogte in, my rustige baba was ewe skielik weer ‘n ongelukkige klein monstertjie in die nag.

Die diagnose van tandsny is ongelukkig ‘n retrospektiewe een. Een oggend na nog ‘n donker nag in die tonnel van slaapdeprivasie, kom mens uiteindelik by die lig van verklaring uit. Al hierdie marteling was te danke aan die wit juweeltjie wat nou in daardie klein bekkie pryk.

Ten spyte van al die olikheid en uitdagings wat tande-sny bring, is dit tog ‘n mylpaal wat mens bybly. As ma is jy trots op die produk van al die min slaap en boud afvee.

So saam met die tande kom allerhande nuwe ontwikkeling en avonture vir ons kleine man. Vir die afgelope paar weke kou hy al sy gepureede kos met mening. Met tande kan mens tog net soveel meer dinge in die lewe geniet.

So is die lewe – elke fase volg op mekaar. Die voltooing van die een fase is noodsaaklik, alvorens die volgende kan begin. Dit is die les van tande-sny.

Sunday, August 26, 2012

When you are not in control anymore...

I read a truth written by Joyce Meyers this week, which stuck with me: how you react to the things you can’t control determine your stress level.

We all aim to lead a stress-free life. We would all love to constantly feel that we are in control of our lives. So often the things we do, think and feel are all woven around the heart of this longing to obtain peace and calm. We do yoga, meditate, draw up schedules burdened with to-do-lists. We try, but so often all in vain.

But why?

After reading this piece by Joyce it struck me that we often try to maintain a stress-free life through focussing on how we react to the things we can control. We do have many choices in life and thankfully through exercising disciplined choices after careful consideration of the consequences, we have the ability to avoid many, unnecessary stressors. Unfortunately that does not guarantee a life devoid from stress.

To our dismay, after all our careful planning we still end up with stomach ulcers, headaches, muscle spasms and sleep disturbances as a result of stress.

But why?

The answer is simple. There are so many things over which we simply do not have any control, and never will have. A bumper bash, the death of a loved one, the weather, the choices of others, just to name a few. All these uncontrollable events have the potential to cause stress, either negative or positive in your life. That is a given – you have no control over that. The only thing you do have control over is your reaction to those events. That reaction is a choice. As a child, most of us struggle to gain control over this reaction. We tend to overreact. But as years pass by, we do gain wisdom ( or most of us) and with the application of this wisdom comes the opportunity to minimise the amount of stress uncontrollable events generate in our lives.

Life will never be stress free. The moment you wake-up without a source of stress in your life, you are most probably dead or on a vacation, only existing in your dreams. That does not mean we should stop minimising stress in our lives. We all need stress to function. Stress gives us energy, a drive, the fuel to aim for the stars. But all within limits. Fire is a useful and much needed source of energy, but a fire out of control is dangerous. It can give life, but it can also kill, if not kept under control.

The same with stress. We need it, but when it is not kept under control, it will ‘kill’ us from the inside .

Kindle the fire, but don’t let it break through into the reaction field of those events beyond your control.

Sunday, August 12, 2012

Moederskap

‘n Terugblik op die afgelope 6 maande

Na my vorige skrywe met dieselfde tema, voel dit asof daar reeds baie water in die see geloop het en tog is dit maar net 6 maande. Ses maande is egter Andreas se volle leeftyd. ‘n Leeftyd waarin hy van van toe-oog bondelbaba tot ‘n nuuskierige rakkertjie gevorder het.

Die aanvanklike bomskok van nuutgevonde moederskap het plek gemaak vir ‘n rustiger wete: vir die res van my lewe sal ek ‘n mamma bly.

Nog nooit het ek so baie omtrent myself geleer soos die afgelope 6 maande nie. Jy vind uit hoe jy in ekstreme omstandighede reageer – vroegoggend (want die mannetjie is teen 5am uitgeslaap), in die middel van die nag, dwarsdeur die dag. Jy ontdek dat jy reserwes het waarvan jy maar in jou studentejare, die paar aande voor ‘n eksamen, net gedroom het.

Elke oomblik van die dag herleef ek my kinderjare. Al die liedjies en stories wat ek by my ma en ouma geleer het kom nou heel handig te pas en wonder bo wonder onthou ek nog al die kinderrympies en liedjies se woorde. Dit is nogal nostalgies om weer liedjies soos die padda wou gaan opsit, Wouter Kabouter and Oom Jan sny koring uit volle bors te kan sing.

As mamma het ek die voorreg om die lewe van voor af te herontdek: deur die oë van ‘n baba. Vir Andreas is alles nuut en opwindend. Hy meet nie waarde aan geld of status nie. Hy ken nie die woord pretensie nie. Die lewe is eenvoudig daar om aan te gryp. Elke dag is ‘n reis. Solank hy net ‘n ding by sy mond kan uitkry het hy die eindpunt van sy ontdekkingsreis bereik.

Daar is niks soos ‘n baba om jou nederig te hou nie. Maak nie saak hoe hard jy probeer met waslap, borslap, spoeglap of kombuislap nie, spoeg, melk en baie ander minder aangename afskeidings word deel van jou lewe. Jou doelwit is nie meer om modieus en gegrimeer die huis te verlaat nie, nee wat om net skoon anderkant uit te kom is al klaar ‘n prestasie…

Na 6 maande skrik jy nie meer vir die huil van ‘n baba nie. ‘n Mens kom gou agter, dat hierdie klein wesentjies uiteindelik baie tawwer is as wat mens ooit kon dink – hulle moet uiteindelik hulle ouers se handelinge oorleef. Jy ken ook nou al jou baba. Ek sal nie sover gaan om te sê dat ek aan my kind se toon van huil kan aflei wat hy nodig het nie, maar ek kan darem deur middel van vinnige eliminasie by die mees waarskynlike rede uitkom.

Wanneer ek so terugkyk oor die paar maande kan ek nie anders nie as om net in dankbaarheid my hande na bo te strek nie. Dankie Here, dat ek die voorreg kan hê om iemand se mamma te wees. Dit is so groot verantwoordelikheid – meer as oorweldigend by tye, maar in geloof weet ek dat die Hemelse Vader wat hierdie wesentjie aan ons toevertrou het, ook vir ons die wysheid en insig sal gee om Andreas tot Sy eer groot te maak.


Ek sal nooit vir Andreas kan besit nie – hy sal altyd God se eiendom bly. Alhoewel ons vandag al die besluite rondom sy bestaan vir hom maak, gaan hy uiteindelik eendag self sy eie besluite moet neem.

Ten spyte van dit als weet ek: Andreas het my hart in sy besit geneem en die besluit om ‘n ouer te word was die geweldigste, maar beste besluit ooit!

Sunday, August 5, 2012

Why I do art


To all the people who nurtured my right brain to its current state of awareness and activity: Hilary, Gerda and Alanna.


The brain is not like any other organ. Rather, I can describe the brain as a whole body in itself. We can extend this comparison to exercise. Nobody would only exercise or use his arms. Through doing that you might be able to pick up heavy objects, but if your legs are not utilised or exercised even lifting up those heavy objects will not help much if you cannot carry the objects around. The body works as a unit. The actions of the legs complement those of the arms, the one cannot replace the other. With this concept in mind, I am always surprised when people cannot understand that practising a form of art is absolutely essential for brain survival.


The brain consists of a left and a right side. That is very obvious, and hopefully for those without a science background not too technical. The brain also functions, governing our actions and thoughts through utilisation of either the right or the left hemisphere. Certain thought patterns are steered by either the left or right hemisphere. The left is responsible for logical thought, calculations and analysis. Needless to say, our school system fosters left brain thought patterns. The right hemisphere on the other hand is creative, the out-of-the- box thinking and behaviour.


To make this divide clear through a single picture – your typical business man would be a left brainer and a painter a right brainer.


All is well then, or so it seems. If the left brain governs all which is logical and analytical, then it seems obvious that a business man should be using his left brain. One might even state that his right brain is redundant and using a right brain approach to his daily challenges might be dangerous.


The same with the painter. Why would a painter need analytical and logical thoughts to govern his painting, would that not interfere with the creative process?


This is where the comparison of the brain as a body on its own can serve to illustrate the importance of using both sides of your brain. Personally I have found that utilising art as a medium to keep my right brain alive and healthy I am able to use creative thought and fresh perspectives when tackling tasks and challenges meant targeted at my left brain. On the other hand, my left brain logic and analytical skills serve me well when doing a painting or sketch.


The one needs the other.


All of us are involved in left brain thought and actions daily. To unlock right brain thought does take some conscious decision and action, at least for some of us. That is where I find practising a form of art useful, even if only for a few hours a week. It can be playing an instrument, painting, singing, baking, just to name a few.


The purpose is to awaken the right brain. Once the right brain is re-instituted to its well-deserved glory, you will be surprised to find how much easier even the left brain decisions become – simply because you are using your whole body of grey matter.

Sunday, July 29, 2012

Die Kakelaars

Ons tuin is vol interessante voëls – daar is ‘n kuifkophoutkapper wat gereeld sy stem dik maak, kwêvoëls wat mekaar koggel, ‘n hoep-hoep wat skaam-skaam vir dieselfde stukkie grasperk as die hadeda meeding. Hierdie is maar net ‘n paar van die geveerde bewoners in ons tuin. Ons sien hulle gereeld en wanneer hulle die dag gelukkig is, los ons selfs vir hulle ‘n paar krummeltjies en vrugte op die voëlstaander in die tuin.

Ons sien meeste van hierdie voëls dalk te gereeld, want na ‘n rukkie sal daar ‘n paar dae verbygaan wat ‘n mens selfs nie eers meer die skerp roep van die kuifkophoutkapper hoor of die hadeda raaksien wat lewensgroot voor mens op die grasperk verbyloop nie.


Tog is daar een voël wie se roep my elke keer na die venster toe laat hardloop. Die perskakelaar. Sy roep is onmiskenbaar en anders as wat sy naam sal wil verklap is dit ‘n pragtige voël met sy rooigeverfde krom snawel en lang vere wat pers in die sonlig weerkaats. Tog is daar so baie mooi en interessante voëls wat nie dieselfde effek op my het as die perskakelaar nie. Die rede daarvoor is eenvoudig: die perskakelaar is nie ‘n gereelde besoeker in ons tuin nie. Jy sien hom nie elke dag nie, inteendeel nie eers elke week nie, jy is gelukkig as jy hom een keer ‘n maand te siene kry. Maar wanneer hy arriveer kondig hy met trots sy besoek aan jou tuin aan. Hy is ‘n sosiale voël. Hy kom nooit alleen kuier nie, maar bring altyd al sy ander kakelaarvriende saam. Dit is ‘n fees om die spulletjie dop te hou. Hulle koggel mekaar, hop saam op die dak rond – dit lyk eenvoudig of hulle die lewe saam geniet.


Glo dit of nie, maar die kakelaars het my nogal heelwat van die lewe geleer. Maak jou besoeke aan ander altyd ‘n spesiale geleentheid – kondig jou kuiers aan met vreugde, geniet die tye saam. Dit gaan nie oor die frekewensie van jou saamwees met ander nie, maar eerder die kwaliteit van julle saamwees. Dit is so maklik om die mense wie jy elke dag sien amper nie meer raak te sien nie – hulle word ‘n vergete hadeda of hoep-hoep in jou bestaanstuin. Veel eerder behoort die vir wie ons lief is soos die perskakelaars te wees – ons saamweestye altyd ‘n fees, tye waarna ons uitsien en koester.

Wednesday, June 20, 2012

Middagslapie

My ouma glo dat dit nie wys is om ‘n middagslapie te neem in enige maand waarin daar nie ‘n ‘r’voorkom nie. Met die gevolg dat ‘n mens, volgens my ouma, liefs wintermiddae op ‘n ander wyse behoort te verwyl.


Ek moet bysê dat my ouma lankal reeds daardie reël verbreek het, maar ek gun haar dit. Ek glo dat sy immers na 89 jaar hier op aarde gerus maar ‘n ogie in die middag kan knip.


Ek is nie ‘n gereelde middagslaper nie. Selfs na ‘n deurnagsessie se werk het ek dit soms moeilik gevind om helder oordag my aan die slaap oor te gee. Daar is sekere voorvereistes waaraan die omgewing eers moet voldoen alvorens ek my in droomland bevind. Dit moet onder andere donker in die vertrek wees en so stil as moontlik. Uit die aard van omstandighede is dit meestal nie moontlik om hierdie staat van ekwilibrium gedurende die dag te bereik nie, dus gebruik ek meestal die daglig vir ander, hopelik meer produktiewe aksies en gaan klim dan maar vroegaand in die bed.


Maar soos met meeste dinge het moederskap ook my slaapbehoeftes en –vereistes drasties kom verander. Die mens is tog maar ‘n snaakse wese, juis dit wat jy nie op daardie oomblik kan kry nie, sal dit wees waarna jy die meeste hunker. Voordat ek ‘n moeder geword het, het ek meer as genoeg geleentheid gehad om myself middae oor te gee aan ‘n middagslapie, maar nodeloos om te sê, het ek nooit. Ja, en noudat die geleentheid om ‘n uiltjie in die middag te knip, so skaars soos hoendertande geraak het, nou hunker ek daarna.


Sondagmiddag was hemels. My ma het aangebied om Andreas vir die middag te versorg, sodat ek en Mario ‘n bietjie kon gaan dut. Die moeder van ‘n baba sal baie onwys wees om so ‘n kans deur haar vingers te laat glip. Ek het myself nie tweekeer laat nooi nie.


Daar die uurtjie was soos hemel op aarde. Geen lig of geluid kon my uit die slaap uit hou nie. Tog wonderlik wat so ‘n bietjie slaap kan doen om liggaam en siel te verkwik!


My raad aan enige nuwe moeder is om nooit die kans om te slaap te laat verbyglip nie – jy weet nooit wat die nag op jou wag nie…


Dankie Ma, die grootste geskenke is soms juis die wat nie met geld gekoop kan word nie.

Thursday, June 14, 2012

Oorgawe

Ons leef so dikwels in hokkies. Daar is ‘n hokkie vir blydskap, ‘n hokkie vir hartseer, ‘n hokkie vir vriendskap, ‘n hokkie vir vyande… Binne elke hokkie sal jy ‘n handleiding vind, vol lysies moets en moenies aangaande jou optrede sodra jy jouself binne daardie hokkie bevind.
Elke hokkie het duidelike grense. Die grense word meestal bepaal deur die ‘hulles’van hierdie wêreld – “hulle sê ‘n mens moet so en so as jy dit of dat wil bereik..” Meeste van ons voel veilig binne ons hokkie. Dit is ‘n plek sonder enige nare verrassings. ‘n Plek waar jy nie sommer sal seerkry nie, solank as wat jy by die handleiding hou.

So leef ons voort – elke dag binne die hokkies van verwagte optrede. Daar was sekerlik ‘n tyd waarin ons almal net uitbunding wou wees – ons blydskap, hartseer vrylik wou laat vloei, soos ‘n rivier na die eerste somerreëns, maar miskien was dit daardie een skewe kyk van ‘n vreemdeling of snydende woord van ‘n familielid wat jou weer laat terugklim het in die hokkie van gemadigdheid.


En soos die jare aanstap begin ‘n mens uiteindelik vergeet dat daar ‘n tyd was wat jy sonder die beperkinge wat ander se verwagtings aan jou stel vrylik rond kon beweeg. Jou drome begin stadig maar seker plek maak vir die nare realiteit van die werklikheid. Jy vergeet dat daar ‘n tyd was wat passie in jou are gebruis het.


Ongelukkig gaan die lewe so gou verby. Ure vloei so vinnig in dae in, dae groei tot maande en word ryp sonder dat jy werklik besef dat jaarringe in sy stam gevorm het. Voor jy jou oë uitvee het al jou drome verdwyn, soos dooie hout uitgekap en in die vuur van spyt gegooi.


Uiteindelik wanneer alles stil geword het om my, het ek net my herinneringe. Oomblikke van vreugde en hartseer wat blitsekondig voor my geestesoog verbysnel. In my herinneringe is daar nie hokkies nie, net oomblikke, oomblikke waartydens ek met oorgawe geleef het. Die dae waarin ek myself in ‘n hokkie geplaas het om by die wêreld se verwagtinge te hou het nie my herinneringskatskis gehaal nie. Die oomblik was nie waardig genoeg om onthou te word nie.


Juis daarom wil ek so graag elke dag met oorgawe leef, want uiteindelik sal dit die oomblikke van oorgawe wees wat vir die res van my lewe by my bly, die oomblikke waarin ek bereid was om myself oop te maak, sodat die volheid van die ervaring deur my binneste kon vibreer.