The universe is made of stories, not of atoms.

The universe is made of stories, not atoms.
Muriel Ruckeyser

Tuesday, May 31, 2011

Namib Dag 1: Kaapstad - Upington


Invalshoek

 
‘n Reis begin reeds met ‘n gedagte, ’n droombeeld van hoe die reis hom gaan afspeel. Die proses van reis is voortdurend, diegene wie hulleself reisigers noem reis dus sonder ophou. Elke reis, ongeag hoe vlietend of onbelangrik dit mag voorkom het die potensiaal om die reisiger te transformeer, tot nuwe insigte en perspektiewe te lei.

 
As dit nie vir die werksverpligtinge in die Kaap was nie het baie dinge nie gebeur soos dit het nie. Ek was besig in die Kaap tot die Saterdag, ’n dag later as wat Mario reeds in die pad wou val. Uiteindelik het ek, Sondag die 17de April die daaglikse vlug van Kaapstad na Upington geneem. Daardeur kon Mario al die Saterdag uit Johannesburg begin ry.


Ten spyte daarvan dat ek gereeld vlieg, is die vlug tussen Kaapstad en Upington nie ’n vlug wat ek heel waarskynlik gou weer op sal klim nie. So die vliegbelewenis was opsigself ’n belewenis. Ek staan altyd verstom hoe die eindbestemming van ’n vlug in ’n oogwink die vermoë het om die tipe mense waardeur jy omring word te dikteer. Skielik was ek omring deur boeremense wat vir een of ander rede weer hulle weg moes terugvind Upington toe. Die oom agter my is besorg oor die pomp op sy plaas wat moet reg en die ander boer oorkant die gangetjie het dadelik tydens die landing opgemerk die die windkous vanuit ’n suid-oostelike rigting wapper en daarmee saam sekere weersafleidings gemaak, wat my ontgaan het.

 
Die ander aspek wat die vlug vir my ’n unieke belewenis gemaak het, was die perspektief. Ek was al voorheen in Upington. Ons het die dorp van Kuruman se kant af binnegery. Ek weet die Oranjerivier is die lewensaar van die dorp. Maar hier vanuit die lug het die konsep in ’n oogwink vir my volle betekenis gekry. Die Oranje kronkel soos ’n dik luislang oor die aarde en hy omring homself met lewe. Lappe groen en beskawing het langs hom kom lepel-lê. Skaars ’n kilometer van die rivier af lê die aarde bar en blootgelê. Dit het my laat besef hoe waar Psalm 1 is. Wanneer ons kies om onsself naby die Lewende Water te plant, om ons bron van krag by Hom te kry, dan word ons soos ’n boom langs die Oranjerivier. ’n Boom wat in ’n woestynwêreld kan oorleef en kan vrugte dra.


Die grond van hierdie wêreld is hard en droog, die wie hulleself daarin plant sal gou verdroog.


_________________________________________

 
Mario was op die lughawe. In aggeneem dat hy douvoordag nog op Katu golf gespeel het was dit nogal ’n prestasie. Upington lughawe het nogal ’n interessante geskiedenis. Die lughawe het die langste aanloopbaan is Suid Afrika en een van die langstes in die wêreld. Die rede: die aanloopbaan was ontwerp vir die landing van ruimteskepe in die Suidelike halfrond asook Boeing 747s – want tydens die Bosoorlog in Angola was die Suid Afrikaanse regering bang dat hulle ook die Kaap Verdiese Eilande as landingstrook sou verloor. Vliegtuie sou daarmee nie ’n stoppunt gehad het vir brandstofhervul nie. Hulle sou dus Upington kon gebruik indien die nood druk. Ten spyte van al die interessante feite wil ek net byvoeg: dit is die enigste lughawe in Suid Afrika waarvan ek weet waar jy onder ’n lapa kan sit en koffie drink.


____________________________________________


In Upington eet ons by Cafe Mollinari – dit klink Intaliaans, maar is alles behalwe. Die hele spyskaart is in Afrikaans met ’n Engelse woord hier-en-daar, net om woorde soos borrelkougommelkskommel meer verklaarbaar te maak. Nietemin, soos ’n plattelandse dorp betaam is die porsies groot en die pizzadeeg een of ander brooddeeg-variase (al te lekker!).


Upington-inwoners is selfs bevoorreg om ’n fliekfasiliteit tot hulle beskikking te hê. Ster Kalahari het homself duidelik geskoei op die fondasie van Ster Kinekor. Hulle skryf self ressensies vir hulle flieks, maar bygesê: as mens eers die fliek gekyk het besef mens dat die persoon wat die ressensie geskryf het of nie die fliek verstaan het nie, of nie die fliek nooit self gekyk het nie.



______________________________________

 
Ons eindbestemming vir die aand is die Kalahari gastehuis. Oppad soontoe was ons behoorlik uitgeboul deur Spitskop. ’n Natuurreservaat in die middel van niks en nêrens. Enige ontdekking was onverwags op mens afkom is altyd meer spesiaal as die oomblikke wat mens sorgvuldig vooraf beplan. Dit is wat Spitskop so spesiaal gemaak het. Ons het nie daarvan geweet nie, maar toe die bordjie voor ons opduik het ons die afdraai gevat.


Wat op ons gewag het was ’n hopie klip en ’n swembad. Ons het die hopie klip geklim met ’n fotoboek Kalahari-uitsig as beloning. Om nie eers te praat van die welkome afkoel in die swembad nie.


Dit is die afdraaipadjies wat die lewe die moeite werd maak.


___________________________________________

 
Oorlewing in die Kalahari gaan alles oor spanwerk. As jy hier in die bloedige son wil oorleef moet jy volgens ’n paar eenvoudige beginsels leef, beginsels wat die verskil tussen lewe en dood in hierdie woestynwêreld kan beteken.


Een van hierdie beginsels is om jouself te ken en in daardie kennis eerlik met jouself te wees. Jy moet weet wat jou sterk punte en jou swak punte is. Jou sterkhede is iets wat jy kan aanbied wat ander in hulle oorlewing sal steun, dit terwyl jy weer hulp van ander aanvaar om jou swakhede te kan uitfasseer. In die proses verseker jy in hierdie barre aarde kan bly oorleef.


’n Goeie voorbeeld hiervan is die dwergvalk wat dikwels saam met die versamelvoëls bly. Die versamelvoëls is uitgelewer aan slange wat maar al te graag in ’n versamelvoëlnes wil invaar. Die dwergvalk gaan bly tussen die versamelvoëls, hy het ’n tuiste en hulle bind baat by sy beskerming. Jy moet jouself ken om te kan oorleef, want eers wanneer jy jouself ken kan jy eerlik wees. Eerlik genoeg om te weet wat jy op jou eie kan vermag, en wanneer jy vir hulp moet vra.

Monday, May 30, 2011

Ons reis deur die Namib...




Inleiding

 
Inleidings word gewoonlik retrospektiewelik geskryf. Na ’n belewenis kan die skrywer sy gedagtes bymekaar orden en die leser voorberei op dit wat hy klaar reeds neergeskryf het.


So ja, ek skryf hierdie inleiding tot ons reis deur die Namib vanaf my draagbare rekenaar terwyl ek die “gesonde” Johannesburg lug inasem.


Die reisigers was ek, my man Mario en Willem, ons bloubul Diahatsu wat al die harde rywerk moes doen terwyl ons, vakansie gehou het. Ek glo darem ou Willem het ook sy uittog uit die stadsverkeer geniet.

 
Die reis is fyn beplan. Mario het nagevors, bespreek. Ons het onthoulysies, paklysies, noodlysies – enige lysie waaraan jy kan dink neergeskryf. Dit was ’n voorreg om vir ’n slag die Weg te raadpleeg, om dit soos ’n handleiding te kon gebruik, want jy weet jy gaan binnekort die plekke sien waaroor hulle skryf. Gewoonlik lees mens net die artikels met ’n hunkering in die binneste en ja ’n effense jaloesie jeens die skrywer.


Ek kyk terug op ’n reis van twee weke, maar bygesê oor die 6400km. Die wyses van hulle dae sê: die vêrste reis wat jy ooit sal aanpak is reis deur jou siel.


Sjoe, na ek deur Namibië gery het weet ek darem nie...


Wat kan ek oor Namibië skryf? Iets wat sal maak dat jy elke dag met verwagting sal uitsien na die volgende dag se gebeure wat op die blog gaan verskyn.


Moet ek skryf dat dit ’n unieke land is (alle lande is tog sekerlik), dat jy kilometers kan ry sonder om enige mens teë te kom – daar is net 2.1 miljoen mense in die land?


Was dit die diversiteit van die landskap wat my verras het – dit is beslis nie net een groot woestyn nie?


Was ek verras toe ek Windhoek binnekom en voel asof dit die familielid is waarvan jy al effens vergeet het en dan op ’n dag weer ontdek – want wraggies dit voel asof jy in ’n groterige dorp in Suid-Afrika is waarvan jy net so effens vergeet het?

 
Ja, alles van die bogenoemde, maar as ek dit in een sin kan opsom.


Namibië is eerlik. Dit is ’n land sonder fieterjasies. Wat jy sien is wat jy kry. Dit is nie groot geboue, souvenierwinkels en aangeplakte vriendelikheid wat jou laat terugkom nie. Dit is die landskap wat met jou praat, die opregte mense wat nie bang is om hulleself en hulle land met jou te deel nie.



 
Jy gaan Namibië toe om weer te ontdek wat jy lankal reeds vergeet het. Dat vreugde in die dinge lê wat geld nie kan koop nie. Die gevoel binne jou wanneer jy die son sien opkom terwyl jy bo-op ’n duin sit. Wanneer jy langs die pad stop en piekniek hou. Om vroegaand om ’n vuurtjie te sit en te voel hou jou maag sirkels draai wanneer ’n leeu ’n ent weg brul.


En elke kilometer se ry is die moeite werd.


So sit terug en herleef saam met my ons reis deur die Namib.


NS:
Enige ware reis bestaan vir my uit sekere elemente: ek wil fotos neem, vars lug inasem, nuwe plekke sien, rondsnuffel in winkels waar ek goed kan koop wat die mense van die area maak (ek is ’n ware souveniersnob) en die grootste bonus is as ek ’n boek raakloop oor belewenisse van die area.


Die boek wat ek so tussen die ry deur gelees het is Sheltering Desert, deur Henno Martin. Ek het die boek op Solitaire raakgeloop – ’n ware verhaal oor twee Duitsers wat in die 2de wêreld oorlog die Namib woestyn in gevlug het en vir meer as twee jaar daar oorleef het. So tussendeur sit ek grepies uit die boek in, net om die aandag vars te hou.




Volgende: Dag 1 Upington - Kgalagadi

Sunday, May 29, 2011

Nuwejaarsvoornemens

Terwyl ek uitpak terug uit Londen uit, het ek afgekom op 'n notaboek met die volgende stukkie in. Ek het dit geskryf toe ek twee jaar gelede in Londen gewerk het. Nodeloos om te noem - ek het heeltemal van die stukkie vergeet. Dit was nogal spesiaal om na so 'n lang tyd, en sopas terug uit Londen weer daarop af te kom en dalk is die middel van die jaar juis die ideale tyd om 'n bietjie stil te staan by nuwejaarsvoornemens...

Elke jaar val mens in die slaggat. Ek wonder of ek dit al ooit reggekry het om een nuwejaarsvoorneme deel van my lewe te maak. Elke voorneme is tog maar eintlik 'n versugting, 'n refleksie van dit wat mens graag wil wees of voel jy nie bereik het nie.

Vanoggend in die gure Engelse weer was die herfsblare verys. Wat 'n verfrissende gesig. Ek wou die herinnering vasvang. Al wat ek by my gehad het om fotos mee te neem was my selfoon, glo dit of nie. Ek moet terugskap oor die ys, in die koue, na my kamer toe om die selfoon te gaan haal vir 'n foto. Ek het gewik en geweeg of ek dit nie eerder later moet doen nie.

'n Halfuur later toe ek weer daar verby loop was die ys gesmelt. Al wat oor was van die eens asemrowende gesig was 'n blare pappery. So is dit ook met Nuwejaarsvoornemens. Op die eerste Januarie skitter hulle soos yskristalle op die blare van ons nuwejaarsdrome, maar gou smelt alles weg tot a pap spul onder die roetine van 'n alledaagse bestaan.

Daar moet tog 'n manier wees om 'n nuwejaarsvoorneme in te messel tot 'n gewoonte en later 'n lewenswyse? Ek glo die sleutel is in hoe ons, ons Nuwejaarsvoorneme formuleer en uiteindelik dit waarop ons konsentreer.

Meeste van ons voornemens wentel rondom fisiese verbetering. Ons wil maerder word, meer tyd opsy sit vir ontspanning, gesonder  leef, meer tyd saam met familie spandeer...

Die mens is egter multi-dimensioneel. Liggaam, siel en gees. Die liggaam kan ons sien, ons kan daaraan raak en juis daarom is dit maklik om meeste nuwejaarsvoornemens aan  die liggaam toe te ken. Sommige voornemens dring deur tot op sielsvlak. Ons siel huisves ons emosies en persoonlikheid. 'n Voorneme om geduldiger te wees, sal 'n sielsvoorneme verteenwoordig.

Maar die gees word meestal afgeskeep. Die gees omskryf ons gewete en gemeenskap met God. Uiteindelik beheer die gees die werking van die liggaam en siel. Daarom is die enigste manier om 'n voorneme te laat slaag om dit in die hande van die kaptein van die skip te plaas. Die gees is uiteindelik die kaptein van jou skip. Elke verandering van rigting wat vanuit die gees spruit sal uiteindelik die bestemming van die liggaam en gees bepaal.

Die manier hoe ek elke dag my voornemens gaan benader is om elkeen in 'n kompartement te plaas. Skryf die voorneme neer. Vra jouself af, kom hierdie voorneme vanuit die liggaam, siel of gees? Sorg uiteindelik dat jy voornemens het wat elke kompartement raak. Begin jou fokus op die voornemens van die gees. Evalueer na 'n paar maande - jy sal verbaas wees om te sien dat baie van die voornemens in die liggaam en sielkompartement outomaties vervul word wanneer die fokus op 'n geestelike voorneme geplaas word.

Om enigeiets in die lewe te laat slaag moet jy jouself, jou sterk punte en jou beperkinge ken.
Hou aan om jouself elke dag stukkie-vir-stukkie te ontdek.

Sunday, May 22, 2011

Rainbow

Rainbows are free and unexpected. You cannot plan them, buy them or create them yourself.
A rainbow just need to be enjoyed now. You cannot put it away, for later enjoyment, because the value of a rainbow lies in the moment.

The other day I was driving home from work. I was tired, frustrated and I could not help to think of all the things I still need to do before the end of the day. Just to make the moment more perfect, I was stuck in traffic (one of the joys of living in Joburg) due to an unexpected burst of rain, that slows down everybody on the road.
In a nutshell: I was not feeling very thankful at that moment.

More out of frustration than anything else I looked up - maybe hoping to find some relief from the cloudy sky above. There it was - a rainbow, but not just any rainbow - a full one. It stretched from one side of the sky all the way to the other side. I have often seen rainbows, most of the time only in bits and pieces.
This was an awesome site.

Suddenly I felt so ashamed. Here I was sitting - feeling very sorry for myself, thinking of all the things I still needed to fit into my already jam-packed day. And here is God splattering this beautiful rainbow all over the sky for me to enjoy, He did not have to do that, but He still does. God does not complain that He has to look after us, look after the earth, in fact the whole universe. He does it day by day in love and with perfection.

I realised it is all about attitude and gratitude. Those two will get us far in life. Through implementing them as virtues in our lives, we will probably see more rainbows around us.

Friday, April 15, 2011

Vergeet

Elke dag vergeet ‘n mens dinge. Die dinge wat mens vergeet wat dadelik ’n impak op jou lewe het weet mens dadelik van – ’n afspraak veral, maar dan is daar die kleiner goedjies wat soms ongesiens deurglip en die dag as jy weer daardie oorbelletjies soek besef jy – ai, hulle het inderdaad êrens vergete bly lê.

Daar is so baie potensiaal om dinge te vergeet. ‘n Mens vergeet verjaardae, aanwysings, om goed in te pak, saam te vat of weer terug te neem en ook, tot ’n mens verleentheid afsprake. Ek vergeet gereeld name, gesigte – loop gereeld met daardie gevoel in my binneste rond dat ek die persoon al iewers gesien het en dat hy my gaan herken, my op die naam noem en ek nie gaan weet van waar ek hom moet onthou nie.


En dan is daar ook nog die lastige klein goedjies wat mens so gereeld op plekke vergeet. Interessant dat dit gewoonlik dieselfde goed is. Ek het al menige stortsponsies aan die mensdom geskenk. Selfoonlaaiers vaar ook nie veel beter nie. Dit is tog so maklik om so ’n swart objek net in die muurprop vergete agter te laat.


Gereeld vergeet ek ook iets by die huis. Wanneer jy gereeld reis kom mens in ’n ritme – jy weet min of meer al toe oë wat om te pak en tog ten spyte daarvan is daar gereeld iets wat vergete bly. Ek moes al van onderklere to haarjel gaan soek op die mees ongeleë tye en obskure plekke, bloot omdat dit my heeltemal ontglip het met die keer se pak. Ek het al ’n ritueel – begin jou dag in jou kop, laat dit soos ’n rolprent in jou gedagtes afspeel. Evalueer met elke stap wat jy alles nodig het en pak daarvolgens. Dit help, maar niks is heeltemal onfeilbaar nie.


As ek nie lysies maak nie sal ek seker nog meer dinge vergeet en laat lê. So my lewe word genavigeer deur hordes lysies. Sonder my dagboek is ek so verlore soos ’n marsbewoner op aarde. Solank ek my dagboek met die lysies vir elke dag aan my sy het, leef ek in die illusie dat alles onder beheer is.


Onwillekeurig kon ek nie help om te dink dat ons so dikwels voel soos daardie stortsponsie wat in ’n hotelkamer of ’n gymstort agtergebly het nie. Baie maal, wanneer die lewe jou enige kant toe gooi, jou moeg maak voel mens asof God jou vergeet het. Jy voel asof jy net nie meer op sy lysie is nie.


Jy begin uitroep – Here het U my vergeet?


Ek kan nie help om te dink dat dit presies is wat Jesus uitgeroep het aan die kruis toe Hy meer as 2000 jaar terug daar gehang het vir my en jou nie:


“ My God, my God waarom het U my verlaat?”


Hy moes dit doen sodat ons nooit uit God se gedagtes sal wees nie.


Dit is waaroor Paasfees gaan. Jesus het gekom, gesterf en opgestaan vir ons sondes, sodat ek en jy kan leef en sodat ons kan weet:


Die God wat ons dien sal ons nooit vergeet nie.

Thursday, April 7, 2011

Shifting boundaries

There are many joys in having a hobby. Every week I savour the few hours of art class. It is my escape from a 8-5 work week. My source of sanity.
Yes, it is suppose to be a relaxing experience. But as we as humans are, we still want to grow even during our times of relaxation. So I handed myself over to my art teacher, giving her permission to challenge me. And she does.
This week I was faced with a sketch where I hit a wall. I felt like the guy from Run Fat Boy, Run – was struck full force by a wall, the wall of my own boundaries. I knew what I was capable of. I was comfortable with what I could do. But suddenly that was not enough, I had to dig deeper. I had to go past what I believed I could do.
That is never easy. Despite that fact that we are assured that as human beings we only use about 10% of our brain capacity. Yea, right - I do fine with running on 10% capacity.
But the moment we start to stagnate I believe we even use the limited amount of brain capacity we are currently using. Because only by growing ourselves we are able to maintain what we have and also gain new abilities and insights.
Boundaries create structure. They provide us with spaces in which we attempt to drive the chaos out. They aim to guide us.
Boundaries exist in all spheres of life. In relationships, in the work place, where we socialise, in the communities we live.

They are tools. Through living within the unseen boundaries set by society we often show respect to those around us.
But there are also the boundaries we are not always aware of. The boundaries we create ourselves. Boundaries that often prevent us from meeting our full potential.

These are the boundaries within ourselves. Created by many circumstances and previous life experiences.

Every experience in our life has the potential to become a stone in the boundary wall we build within ourselves.
We are not always aware of the extent of these boundary lines. They are often built in the subconscious. Only when we are directly faced with them, experiencing the effect it has on our lives, when what we need to achieve lies beyond these lines, only then do we realise the effect it can have on our lives.
When I hit the wall in art class I knew: this boundary I have created for myself. I always believed that there were only certain pictures that I would be able to paint and now I was painfully confronted by it.
It was painful to hit the wall, but I had to push through.

I had to keep on trying. And amazingly you can push through.
Once you have pushed through that boundary stops to exist. When you look back on it you are actually so surprised, because it seizes to exist.

It is as if it becomes completely wiped from the memory.

All you are left with is the knowing that indeed we are capable of so much more than we can even grasp or think.

Saturday, April 2, 2011

Queing for a passport

I had the unwanted privilege this week to fall into the queue to re-apply for my passport. There are things in life that you just have to do. No choice.


I was joined by literally nearly another hundred applicants who where willing to sacrifice a whole afternoon to achieve just the same.


Although everything ran smoothly we still waited more than 3 hours, before we could walk out the door.


I landed in the queue with people from different backgrounds, all with different purposes. There was a mother who wanted to register her newly born daughter, proudly showing me how beautiful she was.


There was a student who needed a passport to go and visit her family overseas.


A businessman who’s passport has expired.


Still we were all joined by the same sense of direction. We all wanted a document that would classify us as being South African citizens. Yes, we do not always have a choice, we are forced to produce travel documentation when we enter or leave the country, but having a South African passport still binds me to this country and to all the other people who share this document with me.


Marcus Buckingham writes in his book – The one thing you need to know, that there are many universals in human nature. These are phenomena that occur across all cultures and in all societies. It tells us that although we seem so different, actually we are all made with the same desires burning inside of us. He classifies these universals in to five categories:


• The need for security, as often shown by our fear for death, by us wanting to marry, being with family etc.


• The need for community, we show this often by fearing outsiders


• A need for clarity, that is why we so often fear the future and give so much prestige to people who are able to predict the future (interestingly he uses the example of economists as fulfilling this role in our society)


• We all crave for respect, we do not want to feel insignificant. He uses the interesting example to illustrate the fact, that every society in the world has a word for self-image


• And then lastly: the need for authority. The all feel chaos, we want to be part of a structure. We therefore submit ourselves to rules and a well defined system to keep the chaos at bay.


I realised that everybody in that queue portrayed one or more of those universals by there reason for standing in the passport queue.


We all want to belong to a community, we submit ourselves to authority, through belonging to a country we linked ourselves to the future of that country.


While I was talking to the mother I could see how she was craving my approval of her little one, she wanted my respect.


The student applied for a passport to go and visit her family, she wanted that passport because the is part of a family she wants to spend time with, a family providing her with a sense of security.


As I walked out of the home affairs building I realised that we should start looking at the universal things that bind us together.


Through recognising that although we are different, there are universal feelings and needs that level out those differences, we will be able to respect people despite their differences. We will be able to emphasize with people rather than criticising.


We can never be the same as other people. We need to treasure our differences, but we also need to seek and find the universals that can bring us closer together. The universals that bring South Africans together – in places like passport queues.