The universe is made of stories, not of atoms.

The universe is made of stories, not atoms.
Muriel Ruckeyser

Sunday, September 20, 2009

Die Lewe


Die lewe is soms nes 'n swem in die see. Braaf, met jou baaikostuum aan is jy reg vir die induikslag... Maar soos jou voete die eerste brander raak en die skuim teen jou spat besef jy die water is bietjie (ligtelik gestel) koeler as wat jy gedink het. Jy hink op twee gedagtes: vlakker of dieper?

Dit is maklik om uit te klim, jy's immers net halflyf nat. Tog besluit jy om dieper te gaan, nie toe te laat dat die koue jou onderkry nie.

En dan gebeur dit - met die branders wat oor jou spoel, word elke beweging wat jy maak word 'n volwaardige poging om bo te bly. Tot jou eie verbasing begin jy die koue swem geniet.

So is die lewe ook. Solank ons huiwer, wonder of ons regtig aan die lewe wil deelneem en net halflyf bly voortbestaan, bly ons bibber voor uitdagings.

Eers wanneer ons vol in die lewe induik en branders van uitdaging begin ry en geniet, dan vou die lewe soos 'n skulp oop om sy pêrelgeheim te openbaar: dit is net die wat sonder huiwering en vrees elke faset van my omarm wat ware vreugde in hul doen en late kry.

No comments: