The universe is made of stories, not of atoms.

The universe is made of stories, not atoms.
Muriel Ruckeyser

Tuesday, January 18, 2011

Rooiwyn

"In wine there is wisdom,
In beer there is freedom,
In water there is bacteria."
Ben Franklin


Opgedra aan Karlien: My partner in crime...


Niemand word gebore met 'n liefde vir wyn nie. Die fermentasieproses maak die vreugdes van sy genietinge veel later eers aan die mensdom bekend. Soos 'n mens die lewe leerken, so leerken mens ook die wysheid wat wyn bring.
Ongelukkig is soveel van ons eerste bekendmakings met die voggies van die gode dikwels tydens onbesonne studente oomblikke, wanneer jy niks beter as Tassenberg of bokswyn kan bekostig nie. Met die gevolg, dat wyn se reputasie dikwels besoedel word deur die nadors wat 'n oormaat goedkoopwyn die volgende oggend vergesel. Die Afrikaanse musiekbedryf het ook nie veel gedoen om rooiwyn se beeld te versterk nie - ek he beslis geen behoefte om 'n harlekyn te wees of myself tot rooiwyn te wend in oomblikke van seer of traan of pyn nie.


So loop ons vir jare rond, ontneem van die diepere geheime wat rooiwyn inhou. Al wat jy oor jou tong laat is koeldrankwyn (party noem dit Late Harvest) en 'n slukkie nagmaalswyn (van wanneer af is Old Brown Sherry wyn?), want rooiwyn is sleg...


Jare later sou ek eers leer dat elke wyn sy eie storie het om te vertel. Die storie van sy herkoms, sy groei en ontwikkeling tot die karakter wat hy uiteindelik in jou glas openbaar. 'n Proses wat etlike jare kan neem om te voltooi. Elke slukkie wyn skryf sy outobiografie oor jou tong heen.




Elke wyn het inderdaad sy eie wysheid om te openbaar, maar jy leer ook soos die tyd aanstap dat goeie smaak nie oornag ontwikkel nie. Alles wat die moeite werd is neem tyd. En net soos wyn met tyd meer en meer van sy wysheid aan jou openbaar, so moet die mens ook oor jare heen fermenteer om uiteindelik as bron van wysheid in die glas van die lewe geskink te word.


Dit neem tyd om die taal van wyn te leer verstaan. Maar wanneer jou tong eers geleer het oom die klanke in elke wynnuanse in te neem, om elke wyn toe te laat om sy storie onvoorwaardelik te vertel, eers dan sal jy weet waar wyn sy wysheid gaan haal.


Prost - Klink 'n glasie op rooiwyn!

Friday, January 14, 2011

Genade

Ek het al soveel keer gewens ek kan God se genade volkome begryp. Ek weet dat alles wat ek het, dit wie ek is alles net genade is. Ek kan niks verdien nie, op niks aanspraak maak nie. Maar ten spyte van hierdie besef vang ek myself keer op keer besig om myself met ander te vergelyk. Ek kyk meestal in my binneste na die wat meer as ek bereik het, meer vakansie kan hou, geld in die water kan gooi en nogsteeds sonder begrotings leef, minder bekommernisse as ek het (en ja ons honde het al onder hulle getel).


Maar na elke vergelykingsessie voel ek leeg van binne, voel ek hoe die onvergenoegdhede nog 'n paar plooie om my mondhoeke uitkerf. Met elke vergelyking gooi ek God se genade terug in sys gesig.


Een aand ry ek en Mario na 'n restaurant. By een van die robotte vang my oog 'n boemelaarvrou wat vooroor sit, haar bokshuisie haar enigste beskerming teen die snerpende wind. Ek het haar al voorheen by die robot gesien sit maar daardie aand, terwyl ek uitgevat in 'n nuwe rok, met Pleasures parfuum agter my ore en my hand op my man se been, by haar verby ry het die kontras my reg op die voorkop getref.
Dit kon ek gewees het. Ek kon in 'n bokshuisie gebly het. Ek kon elke dag gewonder het waar die kos vandag vandaan gaan kom. Dit kon ek gewees het wat elke dag aan die aalmoese van ander langs 'n besige pad oorgelaat word.


Hoekom het ek soveel meer? Hoekom word ek omring deur liefde, vriende, warmte, geleenthede? Hoekom het ek 'n huis, 'n kar, kos, vakansies - te veel om op te doen. Ek weet nie maar dit is juis hoe genade werk. Dit is genade omdat dit onbegryplik is.
God se genade kan nie verstaan word nie. Ek sal nooit kan verstaan hoekom Hy besluit het om Jesus te stuur om my, 'n sondaar wat nooit ooit eers iets kan doen om hom tevrede te stel, te red nie.


Maar een ding weet ek: ek kan dankbaar wees. Dankbaar wees in my denke, my  woorde, in my doen aan ander mense. Ons moet dankbaar wees - want hoe sal ons ooit kan verstaan?

Tuesday, January 11, 2011

Living for tomorrow

How will I know that I will be able to withstand the challenges tomorrow might bring? How will I know if I will be able to withstand the test of trial and tribulation that time may throw at my doorstep?


The answer lies in the way we live today. Everyday is a building block paving our attitude and stamina for the day to come. Philip Brooks said: "Some day, in years to come, you will be wrestling with the great temptation, or trembling under the great sorrow of your life. But the real struggle is here, now... Now it is being decided whether in the day of your supreme sorrow or temptation you shall miserably fail or gloriously conquer. Character cannot be made except by a steady, long continued process."


There is no quick fix. Every choice I make today becomes a funnel along which I will direct choices of similar nature in future. The time I spend on reflection and prayer streamlines my thoughts, moulds it into a useful piece of equipment which I will be able to use to sift through sorrow and pain to find the gems in everything that crosses my path.


Character cannot be build in one day. It is a multi layered process. Each event in your life lays down a sediment of experience. The process is continuous. When the investments are made frequently and abundantly the credit will be available for utilisation in times of need.


Always live responsibly today with the end in mind.