The universe is made of stories, not of atoms.

The universe is made of stories, not atoms.
Muriel Ruckeyser

Sunday, February 27, 2011

Bloed aan die kosyne

"As die Here verbykom om die Egiptenaars te tref, sal Hy die bloed aan die bokant en die sykante van die deurkosyn sien en die deur oorslaan. Hy sal nie die dood in julle huise laat kom om julle te tref nie."
Eksodus 12:23

Ons almal beleef moeilike tye. Tye waar jy voor uitdagings staan wat eenvoudig die vertroue wat jy in jou eie kragte het, in twyfel trek. Dit kan 'n uitdaging wees, 'n beproewing, 'n toets van jou integriteit. Maak nie saak wat nie, tye kom waarin jy skaakmat voel - daar is nie meer beweegruimte nie.
Soos 'n bees in 'n drukgang weet jy, hier moet jy deur, sonder omdraaikans moet jy voortbeur om weer anderkant uit te kom.

Dit was voor een van sulke uitdagings wat ek nou die dag  te staan gekom het. Ek was in afwagting - die volgende op 'n lysie om te hoor of 'n projek waaraan ek al baie lank gewerk het, uiteindelik goedgekeur gaan word. Ek het geweet, sou dit hierdie keer weer afgekeur word, sal ek diep moet delf om hiermee te kan aangaan.

Dit was asof my gedagtes by moed verloor se vlakte wou-wou draai. Wat doen mens dan? Instinktief het ek my oë na bo gedraai - die Woord sê  nie verniet hef jou oë op na die berge nie, so sal ons vra: waar kom ons hulp vandaan?
Tot my verwondering staar ek myself vas in bloedrooigeverfde waterpype wat al teen die plafon afloop. Ongelooflik! In my gees kom die Here in daardie oomblik met die beeld van die Israeliete wat wag om bevry te word uit Egipte.
Die bloed aan die kosyne van hulle huise was al wat hulle kon red van die verdoemenis wat die doodsengel sou bring.

Terwyl ek daar sit en wag op my uitdaging het ek besef: die bloed van Jesus is altyd bo-oor my deurkosyn gesmeer, elke oomblik van die dag. Dit is daar met elke asemteug wat ek neem. En die wonder daarvan is, dit is genoeg. Want daardeur het ek lewe, ware lewe en wanneer ek voor enige uitdaging staan wat groter as ek is, is daar niks anders wat ware bevryding sal bring as juis daardie bloed nie.

Sunday, February 13, 2011

Hier en Nou

Om teenwoordig te wees - dit is 'n lewenskuns. So veel kere is mens net 'n suurstofdief, 'n koolstofdioksiedfabriek. Dit is 'n kuns om in die hede te leef:
  •  Sonder om terug te hunker na die verlede. Die verlede bou ons huidige ervarings. Dis is 'n grondslag vir besluite wat ons in die hede neem, maar die oomblik wat ons daar bly leef word ons 'n langspeelplaat wat vasgehak, nutteloos op die draaitafel roteer. Ons bly oor en oor dieselfde deuntjies speel. Ons timmer aan ou gedagtes terwyl die huisie reeds lankal gesloop moes word. Die gehiem is om die herinneringssand deur te sif en een vir een die diamante van onthou eenkant te sit. Om hulle te laat monteer en, terwyl jy die hede vier en geniet hulle om jou hals te dra. 'n Verlede wat stof opgaar en net uitehaal word om in tye van heimwee na te kyk is 'n vermorsing van herinneringsgeleenthede.
  • Dit is 'n kuns om in die hede te leef. Sonder om vooruit te spring, aanhoudend die toekoms in. Die hede is die toekoms waaroor jy so gedroom het. Jy sal nooit die toekoms kan in nie. 99% van die dinge wat gebeur met ons is onbeplan. Die gehiem is om verantwoordelik te leef. Elke dag aan jou drome te bou stukkie vir stukkie. Sonder om bewustelik daaraan te dink dat jy besig is met die toekoms - want dan sorg die toekoms klaar vir homself.
Ek wil nie meer jaag nie. Laat die oomblik homself afsluit.

Ek wil nie meer op 'n ander plek wees as hier nie. Die omgewing moet met my kan begin praat en iets van homself aan my gee.

Ek wil meer luister, meer dink, meer lug, meer proe, meer kaalvoet loop, meer laat gaan...

Ek wil besig wees met die oomblik, my volle aandag gee aan wat nou gebeur, want dan kan alles ontvou en ke kan aanbeweeg sonder hunkering. Hundering na wat was, maar ook na dit wat nog moet kom.

Monday, February 7, 2011

Cowtrain

"Every child comes into the world with the message that God does not yet despair of man'"
Tagore


Experiences are flagged in the mind and tagged. Some labeled pleasant and beautiful find their way and get stored away together, ready for collection and reflection on long winters evenings where the warmth of memories provide a welcome fire.
Others are boxed and tagged as comical, where its release into the realm of the conscious instinctively draws a smile onto one's face.
Their are the sad ones that we try to hide in the attic of the subconscious, trying to forget that they have ever entered through our lives.


But then there are those experiences that you cannot name. They simply do not fall into any category.
They are all pleasant, all special, some even extraordinary, but it would simply be unfair to try and categorise them.
I find that most of these experiences come from observing and interacting with children.


This past Sunday we had a family outing (literally). We went for a ride on the Gautrain. This practical and efficient mode of transport, aimed at relieving our roads of  its traffic load and providing the working population with some hope midst the never ending traffic despair, has also become an amusement tool.
We were not alone in our idea. We were surrounded by hundreds other families, ready for a day of pleasure in Sandton (I am proud to say that we were not the only family taking photos of our excursion).


The train ride was pleasant. We landed opposite to a mother with a little girl of around 3 years old on her lap. Inevitably, in the relaxed mood and unlike on underground services in Europe, we started conversing with the mother.
"Is this you first Gautrain experience?"
Looking at the excitement on the little girl's face we expected it to be the first.
Surprisingly the answer was no. 
They have done this before. Yes, many times and she loves the "Cowtrain" as she calls it.


I realised this when we arrived at the Marlboro station and her eyes doubled in size as she was informing us that we will be going through the tunnel now. She new every step of the way.


Upon our arrival at Sandton she did not want to climb off. She did not see any need for breakfast, just wanted the ride back.


Suddenly I understood what Jesus meant when He said that  He wants us to believe in him like children do. Every day our relationship, our faith, our devotion to Him should fill us with excitement and awe. It should be as if we start each day fresh, as if we have interaction with Him for the first time. And when we come to the end of the day we should long to be close to Him all over again.


He wants us to climb on the "Cowtrain" every day seizing every moment, living as if it is our first and last day ever. Enjoy the ride. Who knows you might be buying your last ticket tomorrow.