The universe is made of stories, not of atoms.

The universe is made of stories, not atoms.
Muriel Ruckeyser

Thursday, November 26, 2009

Naamloos

Die gymkultuur. Hoef ek enigeiets meer te spreek...
Ek het onlangs daarvoor geval. Pens en pootjies. 'n Mens kry oggend of aand gymmense. Tot dusver kry ek dit darem reg om daardie 45min ekstra slaap op te offer ter wille van bietjie ekstra oefening (ons sal maar sien of ons dit in die winter kan volhou).

Daar is 'n hele paar elemente wat deel van die gymkultuur uitmaak. 'n Paar oorfone, Ipod om die arm en 'n starende uitdrukking. Om te lyk of jy oefen, maar eintlik het jy net 'n oog op die muffins by die smoothie bar. Om gewigte te oefen terwyl jy net eintlik na jouself in die spieel kyk.

Ai, die vreugdes (en pyn) van oefen.

Terwyl ek toe nou die oggend, werklik sweet op die oefenfiets speel 'n insetsel (klankloos) op Supersport oor die 94.7 fietswedren.
Hulle wys vele onderhoude met fietsryers - die wie dit gemaak het ... en die wie nou nie so gelukkig was nie.
Weens die gebrek aan klank by die gym moes ek maar uitmaak met wie gepraat word aan die hand van die onderskrifte.
Dit het my nie lank geneem om te besef dat die meeste fietsryers maar naamloos is nie.
Net die name van die wenners en naaswenners was tydens die onderhoude aangedui.

Dit is seker maar hoe ons ou lewe werk. Net die mense wat iets bereik se name word onthou. Die res van ons gaan dikwels maar redelik naamloos deur die lewe. Eers wanneer jy genoeg geld gemaak het, genoeg rekords gebreek het sal iemand die moeite doen om van jou te weet.

Dit is so jammer dat ons so dikwels dieselfde kriteria gebruik wanneer ons na onsself kyk. Ek begin eers vir myself waardig word wanneer ek die suksesleer klim, in 'n blink kar rondrits, die regte vriende het en in meer as een asems my prestasies kan inryg.

Wanneer al hierdie dinge dan van ons weggeneem word en ons soos Job verslae op 'n ashoop agterbly, dan moet ons binne onsself weet dat ons nie naamloos sal word nie.

Ons moet wegkom van hoe almal om ons, ons sien. Ons moet onsself begin sien soos
God doen. Dawid beskryf dit so mooi in die Psalms - God het jou al geken toe jy in jou moeder se skoot was. Jy is vir Hom soos die appel van sy oog. Vir Hom het jy al 'n naam gehad nog voordat jou eie ouers vir jou 'n naam kon gee.

By Hom het jy 'n naam al kon jy nie eers op jou fiets kom om die 94.7 te ry nie.
Hy sien jou as iemand van waarde, ongeag hoe ander na jou kyk.

Wie sien jy as jy in die spieel kyk?

No comments: