The universe is made of stories, not of atoms.

The universe is made of stories, not atoms.
Muriel Ruckeyser

Sunday, August 8, 2010

Stilte


Vir baie lank kon ek nie skryf nie. Dis nie dat ek nie probeer het nie - ek was opsoek na stories, maar selfs met 'n idee in my agterkop wou die woorde nie kom nie.


Tot ek op 'n dag uit pure frutstrasie aan 'n gebrek na iets om the luister, die karradio afgesit het. Toe die stilte my tref was my eerste instink om die radio weer aan te sit. Ek moes vir 'n paar minute veg teen die instinktiewe drang om die leë spasie te vul met klank.


Hoekom is ons so bang vir stilte? Elke oomblik van die dag wil ons gesus word met die wete dat ons nie alleen op aarde is nie - ons wil hoor van ander se ellende op die nuus, saam sing op die maat van die nuutste Highveld Stereo treffer. Ons klou aan ons selfone, praat asof ons nooit weer gehoor sal word nie.


Hoekom is mens ongemaklik wanneer jy alleen is met net jou eie gedagtes as agtergrondmusiek?

Want ons ken onsself nie meer nie. En hoe kan jy gemaklik wees in iemand se geselskap wie jy nie ken nie. Dit vat tyd om iemand te leerken. Die proses is soms langsaam en pynlik, sonder enige waarborge. Wie weet - jy mag dalk dinge omtrent jouself uitvind wat jy nooit geweet het nie, of nie kans sien om in die gesig te staar nie.


Maar ons bly jaag na doelwitte, wat uiteindelik wanneer ons terugkyk oor ons lewens betekenisloos was, omdat ons nooit stil geword het en tyd gemaak het om onsself in ons eie belsuite te ken nie.


Ek kon vir baie lank nie skryf nie, want hoe kan ek skryf wanneer ek my eie stem nie meer hoor nie?


Moenie bang wees vir stilte nie - omarm dit, proe dit, ruik dit, kyk dit vol in die oë. Jy mag dalk net jouself in oomblikke van stilte raakloop.

No comments: