The universe is made of stories, not of atoms.

The universe is made of stories, not atoms.
Muriel Ruckeyser

Sunday, November 7, 2010

Wit Hoender

Die mens wil altyd weet hoekom. Hoekom is ek hier? Hoekom gebeur dit met my? Hoekom werk dit of werk dit nie? Hoekom voel ek soos ek voel? Hoekom wil niks sin maak nie?

Partymaal word die hoekoms beantwoord. Maar so dikwels bly die antwoorde weg. Ons hou later op met soek, onder die indruk dat ons nooit volkome sal verstaan nie.

Daar is hoekoms wat tot ons met die ewigheid ontmoet grootliks waaroms sal bly, maar soveel vrae het antwoorde. Met 'n vakansie in Graskop het ons opgemerk dat die smouse langs die paaie meteens beghin het om wit hout hoenders te produseer. Die tarentale en seekoeie moes helaas swig voor 'n mak plaasdie. Ons was verbaas hieroor.

Sekerlik moes die vroeƫre weergawes tog beter verkoop het, veral onder die oorsese safari-gangers.

Lank het ons gespekuleer rondom die redes vir die verandering. Uiteindelik het ons een vban die smouse gevra: "Why are you making the white chickens?"

Die antwoord: "Because the white people buy them."

Geen diep artistiese verklaring wat woorde soos inspirasie en kreatiwiteit insluit nie.
Dit het my geleer - meeste antwoorde is eenvoudig. Ons moet soms ophou glo dat die lewe te moeilik is om te verstaan. Soveel maal is dit net ons eie interpretasies wat die lewe kompliseer. Die lewe moet geleef word, om verstaan te word.

Miskien moet ons dalk eerder ons vrae herfraseer. Want die antwoorde wat ons uit die lewe haal, word bepaal deur die vrae wat ons vra. Ons sal nooit by die waarheid uitkom as ons nie die vrae vra wat ons by die waarheid gaan uitbring nie.

Miskien moet ons eerder vir die wit mense vra hoekom hulle die wit hoenders wil koop.

No comments: