The universe is made of stories, not of atoms.

The universe is made of stories, not atoms.
Muriel Ruckeyser

Wednesday, October 19, 2011

Is jy 'n kamera- of 'n teleskoopmens?


Daar is min dinge in die lewe wat my soveel vreugde verskaf, as om fotos te kan neem. Daar is vele redes daarvoor, maar een van hulle is dat dit ‘n groot deel uitmaak van die skep van herinneringe en hoe ek die lewe beleef. Vir my voel dit asof ek die beste van die hede maak wanneer ek iets tasbaar daarvan saam met my die toekoms inneem.


Met die gevolg dat ek heelwat geld en tyd aan hierdie stokperdjie spandeer. Ek sal veel eerder vir my ‘n nuwe stukkie kameratoerusting aanskaf as ‘n ontwerpershandsak of ‘n paar skoene.


Nou tydens ons blaaskansie by Ngwenya is ek oudergewoonte weer met my kamera op die stoep, in die hoop om ‘n diertjie met my lens vas te trek.


Net langsaan ons huisie het ‘n oom dieselfde gedagte gehad, maar sy benadering was ietwat anders.


Hy het ook ‘n duur instrument gebruik om sy dierebelewenis uit te leef, maar weliswaar ‘n teleskoop wat hy as verkyker aanwend. Ek kon sommer sien: ‘n duur stukkie toerusting.


So hier staan ons twee toe: ek met my kamera en hy met sy teleskoop. Ons albei soek diere, maar elkeen van ons het sy eie doelwit.


So is ons almal maar: meeste van ons het dieselfde doelwitte. Ons wil almal suksesvol wees, graag ‘n gesin hĂȘ, gelukkig getroud wees, onthou word, iets beteken vir ons medemens.


Maar tog verskil ons belewenisse and lewensuitkyk.


Party van ons is fotomense. Ons geniet die hier en nou, maar is ook sentimenteel, lief daarvoor om ietsie oor te hou uit die verlede waaraan ons die volgende dag kan herkou. Ons neem prentjies uit ons verlede met ons saam, sodat ons kan terugkyk en onthou.


Ander weer is teleskoopmense. Ons soek voortdurend na nuwe ervaringe. Ons sal ekstra tyd, geld en energie spandeer om die perfekte oomblik te skep en te beleef. Maar wanneer ons daardie perfekte oomblik in focus gehad het, beleef het beweeg ons aan. Sonder om terug te kyk, soek ons na die volgende nuwe ervaring.


Is daar ‘n reg of ‘n verkeerd? Nee. Elke uitkyk het beslis sy voor- en nadele.


Kameramense geniet selfs die kleinste, eenvoudigste oomblik en gebaar. Hulle is ingestel op detail en meestal ook ander se gevoelens en die ge volge van hulle aksies. Ongelukkig raak die kiekieversamelaars, soms te nostalgies en kan hulle selfs in die verlede bly leef.


Die teleskoopkykers weer is altyd opsoek na nuwe avontuur. Hulle murmureer selde, is vol ambisie en dryfkrag, pret om saam mee te wees. Maar hulle raak gou verveeld en is altyd opsoek na plekke en mense wat hulle dikwels nie kan vind nie.




Wie jy ookal is, die belangrikste is om elke dag met ope arms te begroet en die beste van elke oomblik te maak. Dit maak nie saak of jy fotos neem of die lewe deur die lense van hier-en-nou beskou nie, maak die beste daarvan.


Wees wie jy moet wees.

No comments: