The universe is made of stories, not of atoms.

The universe is made of stories, not atoms.
Muriel Ruckeyser

Monday, March 3, 2008

Reën

Een agtermiddag begin die weer onverwags dreun. Verbaas hardloop ek die voortuin in - geen wolk in sig nie. Maar by die agterdeur pak die wolke saam, so asof uit die niet. Ek skarrel binne toe, trek vinning al die kragproppe uit die muur (ek het nog altyd 'n heilige vrees gehad vir die gevolge van 'n krag-weerligkombinasie). In die proses vergeet ek skoon van die amper droë wasgoed wat op die draad agterbly. Prioriteite, prioriteite...

Ook nie lank daarna nie, of dit sous behoorlik. Die geur van vars grond stroom die huis binne, vergesel deur 'n afkoelbriesie.
Dit is wat ek 'n welkome lafenis noem, so op 'n drukkende somersdag. Onwillkeurig kom daar 'n ligtheid in jou gemoed, 'n nietige dankbaarheid. Die reën val waar hy wil, soms onverwags, ander kere na wolkbeloftes wat vir dae in die lug gehang het.
Soms val die water vir dae aaneen, ander kere lek-lek hy aan die grond net om weer aan te beweeg.

Hoe dit ookal sy - reën bring lafenis, verligting. Ons kan nie sonder reën oorleef nie. Ons bid daarvoor, smeek dit af - en wanneer dit kom meet ons dit om seker te maak dit was genoeg, vang dit op in enige beskikbare houer van skotteltjies tot massiewe tenks. Want reën bly kosbaar en wie weet wanneer dit weer hierlangs gaan kom.

So is vriendskap ook. Op die dorre aarde van eensaamheid, bring vriendskap hoop. Ons het dit nodig vir oorlewing. Ware vriendskap verkwik, onwillekeurig begin die gees ontkiem en groei. Ons hele wese word deur opregte vriendskap deurweek, om ons versterk en verfris te laat. Ons almal is instaat om 'n ware vriend te wees. Ons moet nood raaksien en daar waar die droogte lewensvreugde steel behoort ons, al is dit onverwags lewe te laat reën.

Laat dit juis reën daar waar ander reënvriendskappe lanklaas 'n draai gemaak het. Moenie suinig wees om dit uit te deel nie. Jy mag maar, die reën is verniet.

1 comment:

Gys du Plessis said...

Hi Riana,

Dit is so waar! Laurika Rauch sing mos juis oor die mense wat ons moskombersie word.
Ons is gedraad in ons DNA vir verhouding met ander en vir gemeenskap. Dit is waar ons ten volle lewendig word en kan liefhe en kan gee. Ons kan gee sonder om lief te he, maar nie liefhe sonder om te gee nie.
'Ek' word eers regtig 'Ek' as 'Jy' vir my 'n werklikheid is en word en ek jou wereld leer besoek het.
Gys du Plessis