The universe is made of stories, not of atoms.

The universe is made of stories, not atoms.
Muriel Ruckeyser

Tuesday, September 20, 2011

Sjokolade

"The superiority of chocolate, both for health and nourishment, will soon give it the same preference over tea and coffee in America which it has in Spain." - Thomas Jefferson



Thomas Jefferson was definitief ‘n man voor sy tyd. Ek kan net dink dat sy sjokolade-uitlating heel waarskynlik destyds met antagonisme begroet was.


Maar inderdaad, ‘n onlangse meta-analise van data het getoon dat gereelde sjokolade inname ‘n direkte effek op kardiovaskulệre risiko het. Dit verlaag die risiko vir hartsiekte met omtrent 37% en die risiko vir beroerte met 29%. Die blye nuus gekoppel hieraan is dat dit onafhanklik is van die tipe sjokolade. Goeie nuus vir die Cadbury-liefhebbers, wat maar langtand aan ‘n stukkie donkersjokolade wurg.


Ons leef mos maar almal vir daardie klein plesiertjies in die lewe. Sjokolade is definitief een van myne.


Wat dit soveel meer spesiaal maak, is dat die keuses oneinding is. Tog het ons almal ‘n gunsteling – daardie een sjokolade wat ‘n gaatjie regdeur die harstnare boor.


Sjokolade is altyd ‘n welcome geskenk, want voel jy te skuldig om dit self aan te skaf, kan jy beslis nie te skuldig voel wanneer jy dit as geskenk ontvang het nie. Niemand kyk ‘n gegewe sjokoladeperk in die bek nie.



Sjokolade is veelsydig. Dit was met vreugde dat ek die laaste tyd die kookneigings dopgehou het – deesdae is sjokolade beslis nie meer net op die poedingpyskaart nie.


Behalwe dat ek sjokolade geniet en waardeer, is daar soveel herinneringe in sjokolade-ervarings opgesluit. Ek sal altyd Nutties assosieer met aande by die staatsteater, Astros as flieksjokolade en vir my en Mario het Lindorballetjies ‘n spesiale betekenis, want ons het ‘n ritueel dat jy met toe oë ‘n Lindorballetjie uit die boks moet kies.


Wel, een dink is verseker – met die blye nuus dat Thomas Jefferson toe al die jare reg was oor die gesondheisvoordele van sjokolade inname, is daar geen keer meer nie. Een ding sal beslis nooit weer deel van my sjokolade oomblikke wees nie – skuldgevoel.

No comments: