The universe is made of stories, not of atoms.

The universe is made of stories, not atoms.
Muriel Ruckeyser

Wednesday, November 28, 2007

Sorg vs Sorge

Let op hoe groei die veldlelies: hulle swoeg nie en hulle maak nie klere nie. ...Salomo in al sy prag was nie geklee soos een van hulle nie.
Matteus 6:28-29

Die verskil tussen oorvloed en armoede is een letter.

Die deel in Matteus oor die sorge van lewe was nog altyd treffend. Ons sorge begin waar God se sorg eindig. Jesus het die lelies van die veld in dieselfde vergelyking met Salomo gestel.
Ons hoef nie rykdom te besit, soos Salomo om God se sorg te benodig nie. Die lelies is afhanklik van God. In hulle broosheid, sonder dat hulle enigeiets besit of kan verdien klee God hulle met soveel skoonheid en sorg: Salomo kan nooit eers droom om dit materieel bymekaar te maak nie.

God se sorg is nie gekoppel aan 'n sekere hoeveelheid besittings nie. Dit begin nie die dag wanneer my bankbalans stewig is, my huis afbetaal en ek die kar van my drome ry nie. Ek kan alles besit sonder dat God vir my sorg. Soveel mense het dit wat hulle besit uit eie krag bymekaargemaak. Dit is die mees kwesbare plek om jou te bevind, want in 'n oogwink kan jy soos Job op die ashoop van bankrotskap beland. God se sorg verdwyn nooit uit mens se lewe nie, selfs al gaan jy deur swaar tye. Maar as jou rykdom bepaal word deur die hoeveelheid wat jy besit het jy 'n probleem.

Jy hoef nooit ryk te wees om in oorvloed te lewe nie. Die dag wanneer jy alles wat jy het van God bid, wanneer jy besef als kom van God, daardie dag sal jy nooit weer gebrek lei nie.

God se sorg is nie gekoppel aan geldelike hoeveelhede nie, dit word gemeet in die vorm van geestelike welstand.
Vir God is jou geestelike welstand belangriker as jou bankbalans - hy sal eerder jou deur beproewings laat gaan sodat jy geestelik kan groei, as wat jy in gemak geestelik verarm.

Die mees bevoorregte posisie om in te leef is om elke maand my bankbalans voor God te plaas, saam met my behoeftes en te beleef hoe God die middele stuur om hierdie behoeftes te vervul.

Die dag wanneer ek glo dat dit nie meer nodig is om God vir iets te vra nie, dan het ek 'n e agter die woord sorg gelas. Dan leef ek met sorge ongeag hoeveel ek besit.

So skrap die e. Wees 'n lelie van die veld.

No comments: