The universe is made of stories, not of atoms.

The universe is made of stories, not atoms.
Muriel Ruckeyser

Sunday, October 24, 2010

Verjaardag


Ons almal het 'n dag van die jaar nodig waar ons spesiaal wil en mag voel. 'n Dag waarop mens kan doen net wat jy wil, wens net wat jy wil, drome droom wat al lank vergete is. Alles sonder om skuldig te voel.


'n Dag wat net joune alleen is.


Dit is wat verjaardag vir my beteken. 'n Dag waarop mense vir mekaar op soveel maniere kan laat weet wat hulle vir mekaar beteken, dat hulle aan mekaar dink en dat hulle vir mekaar spesiaal is.


'n Dag van vreugde wanneer mens elke sms, facebook boodskap en oproep vir solank as moontlik teen jou hart will vashou. Elke woord en gedagte, elke kaartjie en geskenkie 'n stukkie energie in vir die pad wat die volgende jaar op mens wag.


Ek het nog nooit ouer op my verjaarsdae gevoel nie. Veel eerder jonger, met inspirasie wat uit elke klein boodskappie kom.


Dit is 'n dag waarop mens net kan lag, mal wees, of net rustig, selfs 'n bietjie selfsugtig - sonder om te skuldig te voel...

Maak nie saak nie, dit is jou dag.


Maar aan die einde van daardie dag is daar een emosie wat my altyd oorweldig - dankbaarheid.

Dankbaarheid vir een en elke persoon tot wie se gedagtes jy dit gemaak het op daardie dag.

Want ons verdien niks.


Ons het geen geboorteregte nie, net voorregte.

Vier daarom fees op elke verjaardag! Dit is jou genadedag.


No comments: