The universe is made of stories, not of atoms.

The universe is made of stories, not atoms.
Muriel Ruckeyser

Monday, September 3, 2012

Daardie eerste tand

Om tande te kry is nie perdekoop nie. Of so sê die wat weet – dit is nou moeders, die wat weet en die wat maak of hulle weet. Sommer van vroeg af reeds, word alle knieserigheid, maagongesteldheid, nat neusies en overklaarbare optrede aan tandekry toegeskryf.

Die tand maak vir maande daarna steeds nie sy opwagting nie, maar niemand sal ooit die verband tussen die tandekry-proses en ongesteldhede bevraagteken nie. Dit is heilige grond.

Ek moet toegee, die paar dae voor ‘n tandjie sny is beslis ‘n uitdaging. Die uitgawe op doeke skiet die hoogte in, my rustige baba was ewe skielik weer ‘n ongelukkige klein monstertjie in die nag.

Die diagnose van tandsny is ongelukkig ‘n retrospektiewe een. Een oggend na nog ‘n donker nag in die tonnel van slaapdeprivasie, kom mens uiteindelik by die lig van verklaring uit. Al hierdie marteling was te danke aan die wit juweeltjie wat nou in daardie klein bekkie pryk.

Ten spyte van al die olikheid en uitdagings wat tande-sny bring, is dit tog ‘n mylpaal wat mens bybly. As ma is jy trots op die produk van al die min slaap en boud afvee.

So saam met die tande kom allerhande nuwe ontwikkeling en avonture vir ons kleine man. Vir die afgelope paar weke kou hy al sy gepureede kos met mening. Met tande kan mens tog net soveel meer dinge in die lewe geniet.

So is die lewe – elke fase volg op mekaar. Die voltooing van die een fase is noodsaaklik, alvorens die volgende kan begin. Dit is die les van tande-sny.

No comments: