The universe is made of stories, not of atoms.

The universe is made of stories, not atoms.
Muriel Ruckeyser

Monday, July 4, 2011

Namib: Dag 13 Ethosha - Namutoni


Beloning vir vroeg opstaan


Die lug is vars na die nag se reën. Ons pak weer die pad douvoordag aan, ons was redelik deur die blare, maar niks wat ’n warm stort nie kan wegwas nie.


Die hoop om diere te sien het nie beskaam nie. Ons was skaars by die hek uit of twee hiënas kom snuif-snuif aangedraf. Ek kon nie ophou fotos neem nie. Wat die oggend verder spesiaal gemaak het was die klein natuurgebeurtenisse. Daar was ’n skilpadjie langs die pad wat gelyk het of hy glimlag, ’n baba zebratjie wat verwoed aan sy ma gedrink het, aasvoëls wat vreet aan ’n dooie jakkals, klein dobberjies wat dapper saam met hulle ma swem.





Daar is so baie wat mens uit die natuur kan leer. Dit sal altyd die sterkstes wees wat oorleef en ja, die pad van oorlewing is soms wreed. Maar die natuur leer jou ook dat elke oomblik van skoonheid geniet moet word, want alles is genade. Dit wat vandag hier is, is môre weg. Alles is deel van ’n siklus – niks gaan ooit verlore nie, maar dinge gaan wel verby.


Net soos ons vanoggend op presies die regte oomblik langs die pad was om die hiënas te sien, om die jakkalse deur die water te sien hardloop, net so kom meeste geleenthede net een maal op jou pad.


Die kuns is om te weet watter om aan te gryp en watter om te laat verbygaan. Daar is geen reg of verkeerd nie. Alles bly genade. Die natuur leer mens, dat skoonheid in eenvoud lê – ’n kameelperd se silhouet teen die sonsondergang, maar ook dat die kosbaarste dinge in die lewe dit is wat nie met geld gekoop kan word nie. Die dinge wat mens net kan geniet en daarvoor dankie sê.

No comments: