The universe is made of stories, not of atoms.

The universe is made of stories, not atoms.
Muriel Ruckeyser

Monday, January 9, 2012

Wie ek graag wil wees in 2012

Die jaar het alweer met ‘n spoed weggetrek. Meeste van ons kan amper nie meer die Nuwejaarfeesvieringe onthou nie.
Vandag by die gym het ek besef dat daar darem nog heelwat mense is wat by hulle voornemens om hierdie jaar fikser en gesonder te lewe bly. Dit duur gewoonlik vir so 3-4 weke en dan is die gym-getalle terug na normaal.


Ek is seker enige gesondheidsfoefie oortref alle verkoopsverwagtinge gedurende Januarie.


Na my gymbesoek vanoggend het ek nogal gewonder – wat wil ek bereik hierdie jaar. Ek het al uit vorige ervarings geleer dat ‘n mens dikwels ontmoedig word wanneer jou verwagtinge te groot is, maar tog is ons so dikwels geneig om ons eie vermoëns te onderskat.


So hierdie jaar wil ek soos Johann von Goethe dit stel net myself wees, want dit is hoe God weet ek op my beste sal funksioneer.


If God had wanted me otherwise, He would have created me otherwise. ~Johann von Goethe


Die verskil wat ek moet maak aan hierdie wêreld, maak nie saak hoe groot of hoe klein nie, begin in gehoorsaamheid aan God. En om gehoorsaam te wees, moet ek die spesifieke taak wat God vir my beplan het uitvoer.


Die oomblik wat ek iemand anders se lewe beny, wat ek probeer om soos iemand anders te leef kan ek nie meer gehoorsaam wees nie. My lewenstaak sal nooit ooreenstem met die van iemand anders nie.


So in 2012 wil ek net myself wees. Dit is genoeg.

No comments: