The universe is made of stories, not of atoms.

The universe is made of stories, not atoms.
Muriel Ruckeyser

Tuesday, January 3, 2012

2012




“The first and best victory is to conquer self.”


Plato




Elke Nuwe Jaar bring verwagtinge, die geleentheid om te reflekteer en onontginde drome en ideale na te jaag.


Of jy nou aan nuwejaarsvoornemens glo of nie, die mens het tog elke nou en dan ‘n nuwe begin nodig. Die kans om dinge agter jou te sit en te reik na nuwe horisonne.


Gewoonlik maak ek in die stilligheid ‘n paar nuwejaarsvoornemens. Meestal vergeet ek al teen die tweede week daarvan, want die lewe dikteer homself en die vereistes wat hy stel bepaal meestal wat elke dag van ons vereis word.


Tog bly dit belangrik om met of sonder nuwejaarsideale altyd weer met ‘n bietjie meer dissipline na jouself te kyk. Daar is min plaasvervangers vir selfdissipline. Miskien is dit jou dieet, aktiwiteisvlakke, stiltetyd of tyd saam met geliefdes wat aandag nodig het.


Die geheim is sekerlik om altyd realisties te bly rondom veranderinge. Die mens is nou maar een maal ‘n lui en gemaklik wese. Sodra ons aan te veel verandering blootgestel word, skop ons, soos ‘n steeks donkie vas. Miskien is dit die euwel rondom nuwejaarsvoornemens – te veel, te vinning.


So, hierdie jaar gaan ek nie nuwejaarsvoornemens maak nie, veel eerder myself net so aan die begin van die jaar onder ‘n selfdissiplinêre verhoor plaas. Wie weet miskien, net miskien is daar so een of twee dingetjies wat ‘n mens verander kry.

No comments: